Daar is tans ’n poging om Oranjemund ’n kuns en kulturele Mekka te maak.
Die rustige dorpie is uniek met die Namib-woestyn se duine in die weste, die Atlantiese Oseaan in die ooste, die Sperrgebiet Natuurreservaat in die noorde en die ongerepte mond van die Oranjerivier wat suid lê.
’n Eerste stap is die 1ste Internasionale Filmfees van Oranjemund, ’n nie-winsgewende en gratis filmfees. Die kategorieë vir 2017 is vollengte films, kortfilms, video-kuns, dokumentêre en animasie films. Aansoeke kan by hierdie skakel ingedien word. Die sluitingsdatum is 17 September 2017.

