Oupa en Ouma sit op die stoep en raak romanties

Oupa en Ouma sit op die stoep en raak romanties is ’n nuwe, selfs meer snaakse en deernisvolle kyk na ou getroudes as die vorige Oupa en Ouma raak romanties.

Hierdie stuk kyk na Oupa Stanley se chauvinisme en manlike selfvoldaanheid teenoor Ouma Debora se kamtige onderdanigheid, maar `n mens wonder tog wie uiteindelik die skottelgoed was.

Kinders sien hul Oupas en Oumas in die twee oues, ou getroudes herken hulle kleinlike konflikkies in hul huwelike en mense op pad na die voorstoep begin onder groot gelag effe paniekerig raak oor die stoepsit wat kom.

In 2010 het die stuk by kunstefeeste in Oudtshoorn, Bloemfontein, Hermanus en Potchefstroom voor vol sale gespeel. En die twee toer nog steeds die land vol!

Met: Johan en Lida Botha
Teks: Leon Kruger

Oupa en Ouma sit op die stoep en raak romanties is op 12 Oktober by die Boer Restaurant Teater in Durbanville. Kaartjies is R90 en beskikbaar by 021 979 1911.

Lida en Johan Botha in Oupa en Ouma sit op die stoep en raak romanties.
Lida en Johan Botha in Oupa en Ouma sit op die stoep en raak romanties.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar