Pietman Geldenhuys is meer as net die mede-aanbieder en storieverteller soos gesien op Kyknet se Oppiestoep.
Hy is ook ‘n liedjieskrywer en sanger in eie reg. Iewers skuil daar ook die Skotse persona wat mense bekoor het met sy weergawes van die Skotse liedjies “Flower of Scotland” en “Loch Lomond”. Hy verras keer op keer met sy skreeusnaakse stories (uit volksbesit en eie ervarings), improvisasie van bekende Suid-Afrikaanse karakters (Tolla van der Merwe, Nico Nel, Arno van Zyl, ens) en ook liedjies wat hy op die ingewing van die oomblik net daar voor die gehoor se oë komponeer en toonset, met gebruik van die gehoor se voorstelle en woorde. ‘n Tipe ode aan die gehoor.
Die manier waarop Pietman op sy voete dink en die gehoor oorrompel met sy spitsvondighede maak hom eie in sy soort. Hy het dit reggekry om die perfekte balans te vind tussen ligte humor, skaterlag vermaak, geliefde liedjies en die erns in sy eie musiek.
Pietman is by Die Boer teater restaurant in Durbanville op Vrydag 6 Oktober 2023.
Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

