Die bekroonde teatermaatskappy How Now Brown Cow bring Suzie Miller se West End-treffer Prima Facie Kaap toe.

In hierdie skerp, eenvroudrama vertolk Danica De La Rey Jones, onder regie van Neil Coppen, ’n suksesvolle strafregverdedigingsadvokaat wat haar brood verdien deur ander mense se sake uitmekaar te trek. Totdat sy onverwags self aan die ander kant van die gereg beland.

En skielik lyk die einste regstelsel wat sy so goed ken, van die ander kant af heelwat donkerder.

Prima Facie ondersoek die krake, teenstrydighede en ongemaklike blindekolle van die regsproses.

’n Harde, aangrypende en uiters aktuele teaterervaring wat waarskynlik nog lank ná die laaste applous in jou kop sal bly rondmaal.

Wanneer: 4–29 Augustus 2026
Waar: Baxter Studio, Rondebosch
Kaartjies: R250

Danica De La Rey Jones 2026
Danica De La Rey Jones

Lewer kommentaar

Leave a Reply