Private Presley

Sean Bovim se jongste werk, Private Presley, beloof om net so gewild te wees soos sy Queen at the Ballet.

Private Presley
Private Presley

Dié nuwe rock-‘n -roll ballet bring hulde aan die man homself, Elvis Presley. Die stuk bevat meer as 20 van Elvis se treffers wat nuwe betekenis kry in die lywe van Bovin se groep dansers.

Die storie is biografies van aard en fokus op al die belangrike gebeure in Elvis Presley se lewe. Sy privaatlewe, veral sy liefdeslewe word onder oë geneem, asook sy tyd in die Amerikaanse weermag.

Bovin het geen aspek van die produksie afgeskeep nie. Die kostuums is die werk van Craig Port en KLÛK/CGDT. Die stel is ontwerp deur die bekende Ulrich Binedell en Faheem Bardien is een van die voorste beligtingskenners in die land.

Die dansgeselskap sluit talle bekende name in soos Henk Opperman, Devon Marshbank, Tanya Futter, Nicola van der Merwe, Steven van Wyk, Faye Dubinski, James Bradley, LLewellyn Mnguni, Elzanne Crause, Louisa Talbot, Zandile Constable, Sven-Eric Müller, Ché Milani, Ipeleng Merafe, Simoné Botha, Grant Van Ster, JV Mattei, Megan Black, Martin Harding, Cindy Okkers en Umbulelo Ngubombeni.

Henk Opperman
Henk Opperman

Private Presley begin by Kunstekaap op 27 Maart en eindig 7 April. Kaartjies wissel van R150 tot R220.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar