Die VKB Bieliemieliefees in Reitz, gaan die jaar verseker een vir die boeke wees, daar is hope aktiwiteite en nuwe pret vir elkeen om te geniet.
Die terrein open om 14:00, Donderdag 11 Februarie 2016, die pret begin sommer dadelik en hou voortdurend aan tot op die laaste.
Aktiwiteite vir jonk en oud van kinderkuns tot fietsry tot fotografie. Kunstenaars; kompetisies, speletjies, beoordeling en vertonings – eindelose vermaak vir elke smaak.
Moenie vergeet om ‘n draai by die kos stalletjies te maak nie – ‘n mielie is ‘n moet. Kyk ook uit vir die VKB stalletjie en kom kuier saam.
Reitz
11 – 14 Februarie 2016
Bieliemieliefees program
