Pichi Keane mag dalk vir jou klink soos ’n vreemde naam, maar die kunstenaar is trots Suid-Afrikaans. Die naam kom van toe sy in drag begin optree het in Hongkong.

Drag queens is tradisioneel bekend daarvoor dat hulle popdivas naboots deur lip-sync-optredes, maar deesdae gebruik Pichi haar eie stem as die geleentheid hom voordoen.

Ripe ’n Ready word deur Pichi beskryf as ’n “musical glamour clown extravaganza” en is ’n mengsel van popliedjies met ’n kabaret-aanslag, ’n skeut gewaagde komedie en ’n tikkie terg.

Geen onder 18’s word toegelaat nie aangesien die produksie sterk taal, seksuele temas en gedeeltelike naaktheid insluit.

Suid-Afrikaanse gehore kan in Junie die kenmerkende pers pompadour op verhoë langs die Tuinroete sien terwyl Pichi haar weg baan na die Nasionale Kunstefees in Makhanda waar Ripe ’n Ready van 22 tot 26 Junie 2023 deel is van die Fringe-fees. Ander optredes sluit in:

– Going to Fest Festival in Kaapstad middestad op Woensdag, 14 Junie 18h30

– Studio 42 in Sedgefield op Saterdag, 17 Junie 19h30

– Nineteen33 Speakeasy Bar in Gqeberha op Woensdag, 28 Junie 19h00

Pichi Keane
Pichi Keane

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply