Russiese Keiserlike Ballet

Dit is die wêreldbekende Russiese Keiserlike Ballet se eerste besoek aan die Kaap. Die geselskap bied uitsonderlike dansers, voortreflike choreografie en uitmuntendheid in alle aspekte aan.

Genoem na die Keiserlike familie en die meesters van die Russiese klassieke balletskool, wie belangrike bydraes tot Russiese kultuur gelewer het, is die geselskap uniek omdat dit sy eie skool in Moskou gestig het.

Hulle program sluit in Carl Orff se Carmina Burana plus tonele en uittreksels van klassieke meesterwerke. Kaartjies wissel van R135 tot R225.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply