Stres maak jou roekeloos

Vrouens raak versigter wanneer hulle onder druk verkeer. Mans is weer geneig om onverantwoordelik te raak wanneer hulle gestres is.

Navorsers aan die Universiteit van Kalifornië het bevind dat vrouens meer versigtig raak en mans meer roekeloos wanneer hulle stres ervaar.

As mans gestres raak doen hulle makliker gevaarlike dinge. ‘n Man met baie druk by die werk is meer geneig om roekeloos te bestuur of ‘n buitegtelike verhouding aan te knoop. Volgens die narvorsers kan die rede hiervoor in die verlede gevind word.

Tot nog redelik onlangs in die mens se geskiedenis, ‘n paar honderd jaar, was dit ‘n evolusionêre voordeel vir ‘n man om agressief en roekeloos te raak wanneer hy hom in ‘n situasie bevind waar hy bedreig voel. So ook het vrouens die voortbestaan van die spesie verseker deur versigtig te wees en gevaar te vermy om die kinders te beskerm.

Die primitiewe instink om roekeloos te raak is ‘n primitiewe drang waarmee die man nog vir ‘n tyd lank sal worstel.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply