Twee kleindorpse susters, Cobalize en Jacomien, klap graag die sokkietreffers. Hul gesprekke sluit gewoonlik in: die fyner punte van braai-etiket, naweek-alkoholisme en hoe moeilik dit is om ’n man te kry wie se naam nie ook ’n van is nie.
Hulle is onwillig om toe te gee aan die reëls van kultuur, loopbane of goeie smaak. Met hul eiesoortige begrip van die moderne sosiale maalkolk probeer die Van der Volk-susters hul weg in die wêreld vind … solank dit nie te veel moeite verg aan hulle kant nie.
Met: Daneel van der Walt en Candice van Litsenborgh
Regie: Richard Wright-Firth
Teks: Candice van Litsenborgh
Vervaardiger: Canned Rice Productions
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans & English
Plek: Alexander Bar, Café and Theatre, Kaapstad
Datum: tot 17 Maart 2018
Sasolburg Common “Birds” of South Africa

foto: Canned Rice Photography / Richard Wright-Firth
Sasolburg Common “Birds” of South Africa
Roekeloos
2.5
