Snuf in die neus

‘n Maltrap-klug met vele kinkels.

 

Kom kyk wat gebeur wanneer dominee Hermanus Loots een aand in ‘n oomblik van swakheid twee jarelange vriendinne, Esmerelda de Cruz en Miemie van Jaarsveld, in die eg verbind. Dít terwyl Miemie nog getroud is met haar streekslanddrosman, Wouter van Jaarsveld!

Die poppe begin dans wanneer ds. Loots homself in ‘n rok vaswerk en Miemie se dogter, Sofia van Jaarsveld, onverwags opdaag op soek na haar spesiale sjokolade-muffins.

Dan verskyn Martin Delport, ‘n inspekteur van Binnelandse Sake, op die toneel, en om alles te kroon kom verras Wouter sy vrou.

Kan hulle verhoed dat Martin en Wouter snuf in die neus kry oor die onwettige huwelik? En hoe word dit alles opgelos?

Aangebied deur Delo-produksies. Première. Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

Met onder andere Joanie Combrink, Deon Lotz, Esther von Waltsleben, Leon Kruger en Brendon Daniels.

Aardklop 2009

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar