Die Toyota US Woordfees was in 2022 die eerste keer ’n Bolandse lentefees. Die program is egter noodgedwonge onder groot druk saamgestel nadat Covid-kapasiteitsbeperkings vir teaters en byeenkomste eers in Junie gelig is. Vanjaar vind die Woordfees nogmaals in Oktober plaas, maar dié keer is dit weer ’n kunstefees met ’n veel groter omvang oor nege dae versprei (7-15 Oktober) – nie sewe soos verlede jaar nie.

Die 2023-program, wat in verskeie opsigte aan die bruising in die feestema, Borrel, gestalte gee, is Donderdagaand 22 Junie by ’n spesiale borrel (soos die Nederlanders ’n partytjie noem) op die Muratie-wynlandgoed met Tracey Lange as seremoniemeester bekend gestel.

Die 2023-feesprogram is nou by hierdie skakel beskikbaar waar ’n PDF van die volledige feesgids afgelaai kan word.

Die gratis gedrukte feesgidsboekie is ook nou by die Woordfeeskantoor in die Erfurthuis (Rynveldstr. 37, Stellenbosch) te kry.

Kaartjies sal vanaf 7 Julie by Quicket te koop wees vir die om en by 640 unieke aanbiedings wat in meer as 50 venues in en om die Eikestad aangebied word.

Lewer kommentaar

Leave a Reply