Sometimes I Laugh Like My Sister

In Februarie 2005 is ‘n BBC-journalist Kate Peyton in Mogadishu, die Somaliese hoofstad, vermoor. Sy was die ouer suster van dramaturg/kunstenaar Rebecca Peyton. In die aangrypende optrede verwelkom Rebecca die gehoor na haar wêreld in ‘n passievolle politieke, skerp komiese en pynlike persoonlike belewenis van haar eie lewe na Kate se dood. Sy weef ‘n hartstogtelike en soms komiese tapesterie van private oomblikke ná ‘n openbare tragedie.

Die vertoning by die Kunstekaap Arena ondersoek, deur Rebecca se oë, die verhaal van ‘n dapper joernalis en liefdevolle ouer suster wie sy mis.

22 tot 26 Januarie 2013
Kunstekaap Arena, Kaapstad
Kaartjies wissel van R80 tot R100.

Lewer kommentaar

Leave a Reply