Salie

Salvia officinalis

Salie is meerjarig, maar leef net sowat 4 jaar. In die tyd sal dit ‘n maksimum hoogte van 60 cm bereik.

Die plant hou van son en ligte alkaliese grond wat goed dreineer. Dit hou nie van koue, ryp en wind nie. Sorg ook dat die grond nie permanent nat is nie.

Salie se blare is liggroen en ovaal en kan begin grys raak soos dit ouer word. Die blomme wissel van wit tot blou.

Sny die plant terug nadat dit geblom het.

(foto Liné)

Lewer kommentaar

Leave a Reply