Die Franse sopraan Clara Bleton en die Suid-Afrikaanse pianis Jan Hugo bied ‘n program gevul met Italiaanse “Bel Canto”, klaviertranskripsies van opera-arias en Franse “chansons” aan.
“Bel Canto” – letterlik “mooi sang” is sekerlik van die mooiste musiek wat vir die stem geskryf is. Dit vereis nie net ‘n goeie stem nie, maar ook ‘n lewendige sin vir improvisasie en skouspel.
Die Kaap is ‘n ideale plek om so ‘n konsert aan te bied weens die invloed van die Franse Hugenote en die Italianers wat Chapmans Peak-pas gebou het.
* DEBUUT *
Met Clara Bleton (Franse sopraan) en Jan Hugo (pianis)
Genre: Kabaret
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R110
Plek: District 6 Museum Homecoming Centre, Kaapstad
Datum: Vrydag 29 April 13:30-14:30, Sondag 1 Mei 20:00-21:00
Bel Canto Kabaret,
Roekeloos,
9 April 2016.
