Bekende aktrise, skrywer en spreker, Susan Coetzer, kuier op Saterdagoggend 28 September weer by Die Boer in Durbanville – die keer met twee splinternuwe boeke onder haar vlerk. Moenie hierdie gesellige pretbelaaide damesoggend misloop nie. Susan se aanbieding beloof om jou soos altyd te laat skaterlag, en terselfdertyd ook te inspireer, te versterk en jou mensbattery te herlaai  vir jou lewenspad vorentoe.. 

Haar twee nuwe boeke, Lekkergoed vir die lewe (geestelike dagstukkieboek vir Lux Verdi),  asook die nuwe roman, Haas en Harriet,  (Human en Rousseau) sal ook vir die eerste keer op 28 September by Die Boer bekendgestel word en beskikbaar wees om te koop.

Deure open 10h00. Dames word verwelkom met ‘n glas KWV Annabelle Cuvee “bubbly” en bestel hul kos. Susan begin 11h00 met haar praatjie.

Vanaf ongeveer 12h30 word kos bedien en dames kan heerlik verder kuier tot 15h00.

Kaartjies: R200

Susan Coetzer foto Theana Breugem

Lewer kommentaar

Leave a Reply