Suurgat 2

Sedert die eerste Suurgat het nie veel verander nie – dinge is selfs dalk nog ‘n bietjie suurder! Ek is moeilik oor ‘n hele paar dinge wat in ons land aangaan en alhoewel my pa na 36 jaar steeds aandring op bloedtoetse het ek eindelik vrede gemaak met my geboorte.

Ek het ‘n probleem: Ons almal moet eersdaags stem maar wonder vir wie, want deesdae is daar so baie partytjies in die parties dat ek nie meer kan cope nie. En my ander probleem is Binnelandse Sake: Hey ouens, mors ek my van my asem of wat? Wanneer gaan Steve Hofmeyr se Nieu-Seelandse visum reg wees? Jurie Els het syne dan so vinnig gekry.

Ek is steeds ‘n werklose akteur wat drentel van een oudisie na die ander en sedert my 6 pack ‘n deur ‘n Land Rover binneband vervang is vermoed ek my dae as vryskut stripper is nou ook getel – dit het so baie die afgelope winter gereën dat my paal, wat ek soos ‘n surfboard op die dak vasgemaak het begin roes het, dit en die feit dat my g-string effe verrek is. Omdat ek al lank ‘n werklose akteur is besef ek dalk is die performing arts nie vir my nie en ek begin Joga aanbied. Ek besef gou niemand klap hande na ‘n klas nie en besluit om my Joga kennis te gebruik en ‘n nuwe gier te begin: LapJoga – die mees ontpanne Lapdans wat jy ooit gaan kry!!

Ek besluit eindelik na 10 jaar van onsuksesvolle onderhandelinge en drie written warnings om Telkom te fire – hulle’s nie happy nie en plastiek stink as dit brand. Ek het onlangs gehoor ek en Jacob Zuma het twee dinge in gemeen: Een, ons het dieselfde vorm kop ‘n twee ons is albei fenominale dansers – my ondersoek of ek sy buite-egtelike kind is het tot dusver nog geen vrugte afgewerp nie.

Omdat ek nie weet wat trendy is nie het ek ook die afgelope jaar meeste van my vriende verloor. Ek het nie geweet jy kan nie mense nooi vir ‘n sushi braai nie. My sielkundige wat daarop aandring dat ek ‘Let it Go!’, het as gevolg van my Australië toe geimmigreer en julle ontmoet die seremoniemeester op ‘n troue wat verlief is op die bruidegom, sy 25-uur-‘n-dag-man.

Leon KrugerKomedie met bekroonde akteur en skrywer, Leon Kruger.

Regie: Bekroonde Stefan Spieëlberg.

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar