Teks hongersnood

Die Bestuur van die Thalia Toneelgeselskap van die PUK is met die hande in die hare. Ses entoesiastiese studente. ‘n Kampus vol talent. Geen dramadepartement. Drie jaar van toneeloplewing en vol sale. Geen meer tekste om op te voer nie. Dit is die verknorsing van die Thalia Bestuur op die Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit.

Thalia Toneel is die toneelgeselskap van die Puk, en het dekades gelede ontstaan. Met die Groot Vrees in 1994 het die Dramadepartement van die destydse PU vir CHO gesluit en Thalia het begin kwyn. In 2003 het Thalia egter nuwe lewe gekry, en groot sukses behaal met stukke soos Noodkrag word met Generators opgewek, Familiestreke en Die Skandaal. Die regie is die afgelope drie jaar in die bekwame hande van Leon Cloete, voormalige dosent in Drama aan die PUK.

“Maar hierdie jaar sukkel ons ietwat om gepaste tekste in die hande te kry en weet dit is nie as gevolg van ‘n gebrek aan skryftalent in die land nie. Kan mens hieruit aflei dat die interne kommunikasie tussen teaterliefhebbers in hierdie land nie voldoende is nie? Waar is die speelbare tekste?”

“Al hoe ons teater sy geregmatige plek in die Suid-Afrikaanse kunstebedryf kan gee is om ‘n teatergenerasie te kweek. Om mense te laat besef teater is nie bloot TV sonder ‘n kamera nie. Ons het meer nodig as die kitsoplossing van kunstefeeste (wat in elk geval besig is om te ontaard in ‘n kerkbazaar met (gratis) shows).”

“Om behoorlik te kan oorleef moet ons mekaar help, daarom my pleidooi. Kan ons nie ‘n netwerk van teaterliefhebbers en donateurs skep sodat teater sy regmatige plek kan inneem in die kunstebedryf?”

bydrae: Lida Krüger

Lewer kommentaar

Leave a Reply