Chatroom

Vir 2 aande en 3 vertonings nooi die US Drama Departement jou uit om saam met 6 jongmense die kuberruim te verken.

Chatroom (geskryf deur Enda Walsh en onder die regie van Louis Pretorius) wys presies wat meeste tieners werklik van Harry Potter, Britney Spears en ‘n paar ander sogenaamde pop ikone dink.

Verskans onder hierdie oppervlakkigheid lê ‘n smeulende woede wat na vore tree as ‘n niks vermoedende (effens depressiewe) Jim een aand laat die verkeerde kuberkamer binne gaan. Hier ontmoet hy vir William en Eva, wat lank reeds opsoek is na ‘n geleentheid om aan die wêreld te wys presies wat hulle aan jong mense doen.

Die stuk is vir oud en jonk en is gevul met galge humor en kwinkslae. Dit oordeel nie die karakters nie maar illustreer eenvoudig die wêreld waarin meeste tieners vandag funksioneer.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

chatroom

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar