Christopher Durang se The Actor’s Nightmare is te siene in die HB Thom Teater in Augustus onder die regie van Lize Poultney.
“Dankie tog jy is hier!” Die persoon in swart lyk verlig. “Jy moet opgaan vir hom!” Jy frons. “Jy weet, sy rol speel.” Skielik is daar ligte, en applous, en die gewaarwording dat jy geen idee het wat om te doen of sê nie! Dis ‘n nagmerrie waarmee almal, gehoor of akteurs, mee bekend is.
In die toneelstuk word George (of is dit Stanley?) op die verhoog geforseer om Elyot, Hamlet, Willie en Sir Thomas te speel. Is George ‘n akteur? Hy het gedag hy is ‘n rekenmeester, en hoekom het hy nie eerder ‘n monnik geword nie. Maar George kan homself voel wakker word, en hy kan voel die komberse het van die bed afgeglip en hy gaan wakker word om hulle weer op te trek.
Hulle sê jy kan nie jou eie dood droom nie, en jy kan sekerlik nie, of kan jy?
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)