Die verhaal van die ongelooflike reis van ’n weeskind. Isabella Dolorosa van Tonder, deur haar ouma Tinkerbell gedoop, wat soos ’n brief van een plek na die ander gepos word, leer oplaas van haar komvandaan en van haar mense se geskiedenis. Nella Peterson, vertolk deur Amanda Strydom, is die verteller in hierdie moderne feëverhaal met baie kinkels. 

Net ‘n waarskuwing – dit is nié ‘n kinderproduksie nie.

Wenner van die Woordtrofee by die Toyota Stellenbosch Woordfees vir Beste Musiekproduksie , 2024.

By Die Boer teater-restaurant in Durbanville op 10 en 11 September om 20:30.

Met : Coenraad Rall (Musikale regisseur en pianis)

Teks en regie : Amanda Strydom

Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Amanda Strydom Tinkerbell
Amanda Strydom is Tinkerbell

Lewer kommentaar

Leave a Reply