The Rape of the Lock

The Rape of the Lock is gebaseer op Alexander Pope se satiriese epos, wat verwerk is deur Samantha Coyne. Die produksie keer terug na Stellenbosch van ‘n suksesvolle speelvak by die onlangse Nasionale Kunstefees in Grahamstad waar dit beskryf is as ‘n “…pragtig veelvlakkige stuk wat insiggewende kommentaar lewer op persepsies van skoonheid, plesier en sosiale konvensies: wat ons verwag van mekaar, wat ons vereis… en wat ons soms sonder gedagte net aanvaar” (Strato Copteros, Cue, 8 Julie 2005).

Die stuk is verwerk deur Samantha Coyne as ‘n fisieke teaterwerk met ‘n vermenging van lewendige musiek deur Nicholas Stewart, teater en visuele kuns deur Colijn Strydom wat terselfdertyd gebeur op die verhoog. Samantha Coyne is ook veranwoordelik vir die regie van die stuk.

The Rape of the Lock kan gesien word in die HB Thom teater van 20 tot 23 Julie om 20h15 saans. Kaartjies kos R30 vir volwassenes en R25 vir studente en is te koop by die deur. Vir inligting of besprekings skakel (021) 808 3216.

Lewer kommentaar

Leave a Reply