Cold Mountain

Met: Jude Law, Nicole Kidman, Renée Zellweger, Natalie Portman, & Donald Sutherland
Regisseur: Anthony Minghella

Cold Mountain is ´n positiewe ervaring, maar slaag nie daarin om Anthony Minghella se meesterstuk, The English Patient, te oortref nie.

Dieselfde tragiese en romantiese elemente is teenwoordig in Cold Mountain, maar dit slaag nie daarin om die regte gevoelens te verwek by die kyker nie. Daar word te veel inligting verskaf aan die begin van die film, om Minghella toe te laat om die storie te vertel.

Die paring van Nicole Kidman en Jude Law het nie so goed gewerk nie. Hulle oortuig nie as twee verliefdes nie. Die fliek sê hulle is verlief en daarom glo ons dit. Indien die twee nie so koud teenoor mekaar was nie sou die film sommer baie beter gewees het.

Renee Zellweger is een van die film se inspuitings. Die energie van Zellweger se karakter oorskadu Kidman in elke skoot waar die twee saam is.

Soos met Anthony Minghella se The Talented Mr Ripley en The English Patient skreeu elke skoot KUNS. Dit bly ongelukkig nie veel meer as ´n doodgewone mooi prentjie nie.

6/10

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar