The Stage Kunsteskool is ‘n bekende teater-opleidingsentrum in die hartjie van die Noordelike voorstede van Kaapstad. Dié teater- en sangskool is twaalf jaar terug deur prinsipale Marika van Heerden en Yolandé Rabé begin en groei van kollig tot kollig. Vir Yolande en Marika (beide met Drama-grade van Universiteit Stellenbosch) is ‘n kunstenaar se reis en opleiding ‘n passie. “Ons wil volronde kunstenaars die bedryf instuur”.

The Stage

The Stage het onlangs verskuif na ‘n opgegradeerde spasie in die hartjie van Durbanville. “Die skool was reeds vol en ons groei jaarliks daarom moes ons ‘n groter en beter spasie vind vir ons studente en dosente om in te werk” sê Marika. 

The Stage

The Stage bied voltydse kursusse aan vir diegene wie die uitvoerende kunste as loopbaan wil betree. Hul studente was onlangs te sien by die Suidoosterfees en spog met opvoerings by verskeie ander groot kunstefeeste asook op die kassie en internasionaal.

The Stage

The Stage se kursus-pakkette sluit in:

Pakket 1: Teater (voltydse drama-kursus)

Pakket 2: Dans (voltydse dans-kursus – ISTD & TDA geaffilieer)

Pakket 3: Musiekteater (voltydse musiekteater (“musical theatre”) kursus) – geaffilieer met Trinity College, London.

Pakket 4: “Triple Arts” (voltydse volledige Uitvoerende kunste kursus) wat ‘n kombinasie is van pakkette 1 – 3.

By The Stage word jy gelei in ‘n avontuur van selfontdekking deur middel van drama, teater, dans, musiekteater en sangopleiding. Studente kan selfs deelneem aan internasionale dans en musiekteater eksamens.

Vereistes vir inskrywing sluit in:

– ‘n Senior sertifikaat

– ‘n Oudisie (voorbereide monoloog dans item en twee sang items)

– ‘n Evalueringstoets

Deeltydse kursusse word ook aangebied vir skoolgaande kinders en volwassenes wie net belangstel om te sing, dans of hulself kunstig uit te leef. Die kursusse word aangebied van Maandae tot Vrydae vanaf 8:00 – 19:00. Saterdag-klas ook beskikbaar.

The Stage

Oudisies vir 2022 is tans oop!

Kontak THE STAGE vir verdere besonderhede:

Tel: 071 532 7079

E-pos: info@thestage.co.za

www.thestage.co.za

Lewer kommentaar

Leave a Reply