Die stuk is die naaste wat Gilbert en Sullivan aan ‘ware’ opera kon kom.
Dié aanbieding by die Kunstekaap Teater is ‘n skitterende werk met puik kore, solos en ensembles. Die storie van “The Merryman and his Maid” is geloofwaardig en dramaties met die onderliggende tiperende Gilbertaanse komedie vermeng met tragedie. Gilbert beskou die stuk as ‘…die beste werk wat ons gedoen het’ en Sullivan bestempel dit as die gunsteling van al hulle gesamentlike werke.
The Yeomen of the Guard is tot 1 Julie by die Kunstekaap in Kaapstad.
Kaartjies wissel van R130 tot R195.
