Google die verkeer

Motoriste wat in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad woon kan nou Google Maps gebruik om ‘n verkeersopeenhoping te vermy.

Dit maak nie saak of jy die internet of ‘n slimfoon gebruik om aanwysings te kry nie, Google Maps sal jou sê presies hoe lank dit jou sal neem om jou bestemming te bereik.

As jy die “Traffic”-funksie in die regterkantste boonste hoek van Google Maps aanskakel, sal jy gebiede kan monitor waar die verkeer stadig is en jy sal kan kies watter roete die beste sal wees om die opeenhoping te vermy.

Paaie met vloeiende verkeer sal in groen aangedui word, terwyl paaie wat bietjie stadiger is weens die verkeer in geel aangedui sal word. Gebiede waar jy dit glad nie moet waag nie, sal in rooi aangedui word.

Lewer kommentaar

Leave a Reply