Die Robbeneiland Bybel

Die Robbeneiland Bybel is Maandag vir die eerste keer uitgestal in die Britse Museum. Die “bybel” is ‘n kopie van The Complete Works of William Shakespeare wat in die geheim gehou is op die eiland in die 1970’s. Verskeie aangehoudenes het hulle gunsteling deel van die boek gemerk; insluitende Nelson Mandela. Hulle het die boek gebruik vir inspirasie, debat en as opvoedkundige hulpmiddel.

Sonny Venkatrathnam het die boek bewaar en dit vermom met Diwali-kaarte, om te keer dat die bewaarders dit konfiskeer.

Die foto’s is vanaf die Britse Museum se Facebook-blad geneem.

Robbeneiland Bybel
Robbeneiland Bybel
Robbeneiland Bybel
Robbeneiland Bybel
Nelson Mandela se handtekening in die Robbeneiland Bybel
Nelson Mandela se handtekening in die Robbeneiland Bybel

Lewer kommentaar

Leave a Reply