Mirror Mirror

Mirror Mirror

Mirror Mirror is die lawwe avonture van Sneeuwitjie.

Ernstig probeer dit beslis nie wees nie. Dit probeer nie ‘n punt maak nie, simpelheid seëvier. Dink jou in; Julia Roberts is die bose koningin!

Dit help egter as jy weet die fliek probeer nie film van die jaar wees nie. Mens kan ontspan en die komedie ten volle geniet. En daar is beslis genoeg om te geniet.

Selfs die dele wat nie snaaks is nie het ‘n paar hoogtepunte. Myne was die sewe dwergies wat ‘n klomp nors struikrowers is. Op ‘n stadium moet hulle hoor “You’re short, and it’s funny”.

Hulle het probeer moeite doen met die kostuums en die stel, maar ongelukkig voel dit asof jy in my Tupperware-laai kyk. Plastiek pak elke hoek en kant vol.

Die film eindig met ‘n Bollywood-agtige musikale nommertjie wat my sommer dadelik nog punte laat aftrek het. Ai Tarsem Singh!

Mirror Mirror
Mirror Mirror
Daar is baie om oor te kla, maar maak los jou hare en gaan kyk Mirror Mirror.

PS. ‘n Glas wyn of twee voor die tyd help baie.

Mirror Mirror
Avontuur, Komedie, Drama

Regisseur:

Tarsem Singh

Skrywers:

Met:

Julia Roberts,
Lily Collins,
Sean Bean
6/10

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply