Llandi Beeslaar is nie juis ’n nuweling nie. Jy ken haar dalk as Mielie Senekal in die Republiek van Zoid Afrika of meer onlangs as Stefanie Koekemoer in die Showmax-reeks Koek. In haar eerste eenvrouvertoning, Tomboy, laat sy haar unieke handelsmerk van ietwat siniese humor los op die wêreld. Sleep jou vriende saam vir dié gesonde dosis rumoerige staaltjies wat ewe cringe is as snaaks.
Geen O/16 – TAAL
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
Die Boer, Durbanville, Woensdag, 26 Februarie 2025 om 20h30
