Bettie innie selle
MET Dean John Smith TEKS Dean John Smith REGIE Gantane Kusch
Hoe het dit gebeur dat die vooraanstaande antie Bettie al in hegtenis geneem is, en hoe het sy dié volle 21 minute in ’n aanhoudingsel saam met geharde misdadigers oorleef? Kom luister as Bettie vertel hoe die arme misdadigers onder haar skerp tong deurgeloop en dit oorleef het!
Chronicles vannie Lavis
MET Veronique Jephtas TEKS gegrond op die skrywes van Mavis vannie Lavis VERWERKING Veronique Jephtas REGIE Rafiek Mammon
Beleef ’n tale–queen op ’n mission. Moenie ’n fout makie: Sy issie a fairy nie. Moet oekie dink sy is fair nie. Sy is vannie Lavis en blatantly so. Kô vat ’n trip down memory lane en vang ’n front row seat oppie voorstoep van Mavis se juiciest stories. Promiscuity, brutal honesty, sarcasm en pure lekker skinner. As jy vannie Lavis af is, is jy safe. Anywhere else, clutch your pearls and while you’re at it, soema hold your horses! Sien jou daar!
kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal, Oudtshoorn
Datum(s)
3 April 2025, 12:00
6 April 2025, 16:00
