Dis die 1830s, en die trekkers is net aan die begin van ‘n volksverskuiwing wat een van die mees dramatiese gevolge vir ons land sou inhou. Etlike duisende Boere het hulleself sopas bevry van die Britse gesag in die Kaapkolonie en wyk die binneland in om ’n nuwe lewe te begin.
Trek gee ‘n stem aan van die individue wat deel was van die Groot Trek, veral die vrouens wat hierdie harde en lewensgevaarlike tog in die vreemde onderneem het. Trek handel oor geheime, verhoudings en avontuur gedurende ‘n tyd van beproewing: Die Groot Trek. Vier voortrekkervrouens, Magdalena, Hester, Johanna en Kleintjie kan nie oor die weg kom nie, maar sonder mekaar sal hulle nie oorleef nie. En dan arriveer die brief wat dreig om dié fyn balans te verwoes …
‘n Eenvrou vertoning deur die gevierde aktrise en sangeres, Gera Phielix.
Regie: Jacques Bessenger