Verblyfbesprekings vir Aardklop Nasionale Kunstefees nou oop

Besoekers aan vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom kan nou reeds verblyf bespreek.

Om die diens te vergemaklik, kan daar regstreeks deur die webwerf (www.cloveraardklop.co.za) bespreek word. Die proses hoe om te bespreek, word puntsgewys verduidelik. Alle soorte akkommodasie en prysklasse word aangedui.

Ná ’n keuse gemaak is, kan feesgangers die maklike, vinnige roete volg en met een kliek met hul bank verbind word om ’n elektroniese betaling te doen. Rekeningnommers en wagwoorde bly deurgaans veilig met dié stelsel en die bespreking word dadelik bevestig en gefinaliseer.

Diegene wat verkies om met ’n kredietkaart te betaal, sal dié opsie ook op die webwerf vind. Die rekeningnommer en sekuriteitsnommer moet byderhand gehou word om die bedrag in Aardklop se rekening te deponeer.

Uiteraard is mense ook welkom om die verblyfkantoor te skakel by 018 294 7508 en besprekings telefonies te doen.
Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees word van 2 tot 7 Oktober in Potchefstroom aangebied.

Aardklop
Aardklop

Lewer kommentaar

Leave a Reply