Verplaas

Dis Basaartyd op Dorp! Almal skarrel rond en probeer die mampoer weghou van Hessie se mond. Sunette Bridges gaan kom kuier en haar opinie bring, maar Dominee en sy entoesiasme bly die gunsteling. Alles word keurig deur Santa, Marietjie en Janine dopgehou, wat, per gewoonte, eenkant sit en stoei deur die hitte, heel getrou.

Kom geniet die heerlike kosstalletjies, topgehalte vermaak wat in u Afrikanersmaak sal val en dalk, as u gelukkig is, wen u ook ‘n plaas! Ja, Skouspel is omtrent op dreef om van die goed ontstlae te raak – te veel plase staan leeg en die boereweduwees wat oorleef moet net voortstreef.

Verplaas is ‘n Afrikanerkabaret wat poog om die harde realiteit van die huidige plaasmoordepidemie aan te spreek in alle vorme, sonder om vinger te wys of klippe te gooi.

‘n Kabaret oor plaasmoorde? Wie sou nou kon dink?

Met: Anja van den Berg, Loané van Sandwyk en Madelein Joubert

Begeleiding: Throy Peterson

Genre: Kabaret
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100
Plek: Die Boer, Durbanville
Datum: 15 Augustus 2016

Verplaas
Verplaas

Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply