Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Dis ‘n paar jaar later, en Louise is terug. Sy is nou ‘n onafhanklike vrou van die 21-ste eeu, soms met ‘n man en soms sonder een. Sy het ‘n boring job by ‘n kitchen-design plek, is baie suksesvol, ‘n yuppie en paslik onaangenaam. Sy het meer opinies as wat nodig is, wat sy dan ook gereeld lug. Sy kry daai siniese trekkie om die mondjie wat vrouens van die wêreld behoort te kry en kom agter dat haar pêlle haar bel voordat hulle kom kuier …
Alexa Strachan is terug met ‘n nuwe musiekteater-produksie waarin Lousie, (‘n karakter wat haar buiging vantevore gemaak het in Om ‘n eier te lê en Die Volmaakte man en ander mites) weer die lewe op haar eiesoortige wyse bekyk. Aan Alexa se sy, is die veelsydige pianis en akteur, Roelof Colyn (van Handful of Keys-faam). Anna Davel het oorspronklike musiek vir die produksie geskryf.
