Dis Augustus-maand en tyd vir Vlooi!
Boscha met haar luiperdjas en dalmation broek wil die oerwoud uitroei vir haar nuwe “golf estate”. Sy is nog net op soek na die pratende boom om haar gelukspot vol te maak. Ons het julle hulp nodig!
Die Storieboomreeks (Oxford University Press) word op die verhoog lewe gegee deur die Krazy Katz Produksiehuis. Die teks is geskryf deur Margit Meyer-Rödenbeck. Die regie word behartig deur Marinda Engelbrecht en die musiek deur Pedro Kruger. Die hoogstaande geselskap bestaan uit Deon Lotz (Pa en Joshua, die singende boom); Liandé Valentyn (Wilma), Deon van Zyl (Twits), Nelmari Brand (Vlooi) en Esther von Waltsleben. (Boscha)
Vlooi in die Oerwoud is ‘n skouspelagtige vertoning vol kleur, dans en sang.

Vertonings in Afrikaans: 11-14 Augustus; 24-28 Augustus
Engelse vertonings: 17-21 Augustus
Publieke vertoning: Saterdag, 22 Aug om 11:00
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
