Mandri Sutherland keer hierdie jaar terug met Vrou ens 1.2. Dit handel oor die vrouens wat haar tot dusvêr, steeds, definieer, kritiseer, irriteer, uitdaag en inspireer. Die stuk is ‘n kombinasie van storievertelling en karaktervertolking. Sy gooi lig, liefde, humor en vet op die Afrikaner vrou se swaarhede en waarhede. Kom luister, kom leer, kom deel in die hype, hoop en liefde van samesyn. Kom vind jou waarheid by hierdie jaar se grootste safe space. Maak seker jy mis nie dié once in a lifetime geleentheid nie!
Geen O/16’s (Taal)
By Die Boer teater in Durbanville op 27 & 28 Feb om 20:30
Kaartjies kos R220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

