Henri Alant is terug met sy splinternuwe enkelsnit “Wat Dit Vat” – ’n lied wat reeds landwyd belangstelling wek en luisteraars diep raak met sy boodskap van hoop, volharding en menslikheid.
Hierdie besonderse enkelsnit is geskep in samewerking met die bekroonde Sunette Bridges, wat die lied geskryf en gekomponeer het.
Sunette, tans woonagtig in die Verenigde State van Amerika, bring ’n unieke internasionale warmte, wysheid en musikale aanslag na die projek. Sy is ’n talentvolle sangeres, skrywer en verwerker, dra by tot die emosionele krag van hierdie lied.
Met ’n span top-musikante agter die klank, belig “Wat Dit Vat” die beste van Afrikaanse country pop.
“Wat Dit Vat” is meer as net ’n lied — dit is ’n persoonlike belydenis, ’n reis van geloof en groei, en ’n herinnering dat ware oorwinning juis lê in alles wat ’n mens opoffer om jou drome te bereik.
Henri se eie lewensverhaal is verweef in elke noot en woord, en dit laat die lied eerlik, rou en ongelooflik eg voel.
“Doen wat dit vat” is deel van Stormloop 100 … vrygestel deur Rivers & Bridges Music.

