Daar bestaan ’n hegte band tussen Indonesiese en Kaaps Maleisiese kultuur. What The Water Gave Me Verken hierdie verbindings met eg Suid-Afrikaanse stories, gedelf uit Kaapstad se geskiedenis.
Die vier storielyne wat die stuk optel is die van ’n hip-hop baas van die Heideveld met die gedigte van Sirius in sy kop, ’n taxibestuurder/tydreisiger wat in haar eie liggaam (die stad) bly, ’n kind wat gevange gehou word deur ’n pedofiel, en die storieverteller.
Die regisseur, Jade Bowers, is veral opgewonde om haar onkonvensionele werk in die beperkte ruimte van die Con Cowan Teater aan te bied. Haar kreatiewe span is Cherae Halley en die musikant Bongile Gorata Lecoge-Zulu.
What The Water Gave Me is van 9 tot 12 April op die planke by die Universiteit van Johannesburg se Con Cowan Teater, saans om 19h30. Dit is ook op die program by vanjaar se Nasionale Kunstefees in Grahamstad van 5 tot 7 Julie.

