Graag wil ek uitvind of ´n man steeds ´n orgasme kan bereik indien sy knaters verwyder word en wat is die regtelike aspekte gekoppel aan ´n sterrilisasie indien jy nog nie kjinners het nie.
thanx a bunch broe.
– Rooibaardruiter
Ben:
Indien net een verwyder word behoort jou sekslewe soos die van enige ander man te wees. Indien beide verwyder word sal jy dalk hormoonbehandeling moet ontvang om jou te help om ´n ereksie te kry. Gaan spreek jou dokter hieroor.
Met een knater kan jy nog kinders kry. Die een vervaardig gewoonlik meer saad om op te maak vir die ander een. Sonder beide het jy nie enige kans nie. Dit is ´n goeie idee om van jou saad te laat vries voor jy beide laat verwyder.
Die laaste vraag moet jy aan ´n regsgeleerde stel.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
