Die Flaming Lips se 2002 album, Yoshimi Battles the Pink Robots, debuteer volgende jaar op die verhoog in Los Angeles, Amerika.
Die teks en regie sal behartig word deur Des McAnuff. McAnuff is ‘n ou hand wat al musiekblyspele behartig het soos Jesus Christ Superstar, Guys and Dolls en The King and I. Hy staan ook aan die hoof van die Stratford Shakespeare Fees. McAnuff word bygestaan deur Wayne Coyne van Flaming Lips.
Saam met Yoshimi sal die gehoor die avonture van ‘n Japanese kunstenaar aanskou in ‘n land van robotte waar sy haar meganiese aartsvyand moet trotseer. Daar sal ook musiek gebruik word van Flaming Lips se ander albums; The Soft Bulletin en At War with the Mystics.

Met die kombinasie van Flaming Lips se musiek en die gebruik van multimedia in die hande van McAnuff hoop mens vir regte egte skouspel.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
