(deur Alexander Carte)

’n Vrou wat ’n kits-bolla bo-op haar kop vaspen voor sy gaan stort en met een voet op die bad se rand staan en afdroog met ’n handdoek om die kop en met ’n semi geknakte knie en een hand op die wasbak staar wyl sy haar tande deeglik en volgens voorskrif borsel en ladylike akkuraat in die wasbak spu.

’n Vrou wat in haar kos rondkrap terwyl sy met verliefde versluierde oë intens skewe kop met hand onder die ken kamtige iets van haar geliefde se lip of wang verwyder wyl hulle by kerslig sit en net mekaar met warmte beloer en weet hulle vervul mekaar … en dan ook na jou bog geselsies luister … en haar skoen onder die tafel uitskop met haar voet soekend na joune.

Die vorm van ’n vrou se bo-bene as die dye teen ’n man se heupe druk en sweet blink in haar kuiltjie stu.

’n Vrou wat haarself ’n pedikuur gee met een voet op die koffietafel met net ’n klam handdoek om die wasem lyf.

’n Vrou wat verstommend baie los goed onder haar ken kan vasdruk as sy na die motorsleutels soek.

’n Vrou wat beleef vriendelik ’n sagte antwoord gee.

’n Vrou by die stoof met een voet op die ander wyl ’n heerlike aroma in liefde geskep die kombuis begin vul.

’n Vrou wat saggies haar Bybel prewel-lees en ’n stil gebed vir haar gesin doen.

’n Vrou wat begin roer om te ontwaak met ’n stil tevrede kreun glimlag op haar gesig wat liefde weerspieël asof wasem nog haar oë versluier.

Dit is die mooiste as ’n vrou ’n dame bly daar waar sy met haar medemens in haar daaglikse taak omgaan en stil respekteer word.

Dit alles is vir my hemels mooi as sy tuiskom en die dame by die deur agterlaat.

Dit is alles innig mooi.

(skildery: “Vrou wat uit die bad klim”, Edgar Degas, ca. 1886)

Lewer kommentaar

Leave a Reply