Henk van Staden sit in die restaurant en teug behaaglik aan sy koppie filterkoffie. “Verskoon tog dokter, ons het heerlike vars roomkoek op die spyskaart vandag” glimlag die kelner vriendelik vir Henk. “Nee dankie, jong ek sal liewers nie koek vat vandag nie, ek is alreeds besig om ٬n boepie te ontwikkel, en my ma sê hoeka dat ek agter myself moet begin kyk anders gaan ek nooit n vrou kry nie.” Glimlag Henk vir die kelner. Henk probeer hard om vrolik te klink en te lyk, maar almal op die dorp weet dat Henk eintlik diep ongelukkig is, vandat Helena weg is saam met sy beste vriend. Henk was uit die dorp vir n seminaar en toe hy n dag voor die tyd huis toe kom om Helena te verras, het hy haar en sy beste vriend Pine verras, in sy woonstel wat hy toe met Helena gedeel het. Hy kon dit nie aanvaar nie, dit was vir hom n bitter pil om te sluk, en toe Helena nog probeer verduidelik dat hy so min by die huis is dat sy eensaam word was dit net een te veel vir Henk. Hy kon haar dit nog nooit vergewe nie. Dit is nou al tien jaar gelede, maar hy kon dit nog nooit weer reg kry om enige vrou die spesiale plekkie in sy hart te gee nie. Eendag, eendag sal die regte vrou verby kom en sal sy vir Helena totaal en al uit sy hart skop sodat sy dan daar sal kan sit, maar tot en met dan bly Henk die gesogste hubare jong dokter op die dorp. Henk vee sy donker kuif wat wulps op sy voorkop le agter oor, en sy donker blou oe dwaal buite rond. Henk is in sy dertigs en baie aantreklik, meeste vroue sou hulle oogtande gee om die strop om sy nek te kry, en alhoewel hy al n paar keer verskillende jong dames saam met hom na geleenthede op die dorp geneem het, het hy nog nie die regte een ontmoet nie. Die een waarvoor hy wag, moet wat sy voete heeltemaal onder hom uit slaan, die een wat hom na sy asem sal laat snak elke keer wanneer hy na haar kyk, die een wat al die koppe in die straat sal laai draai wanneer sy verby stap, maar dat hy tog sal weet dat hy die enigste man is vir haar. Hy wag nou al so lank vir daai een, dat Henk al begin dink het dat hy aan strooi halms vas klou, dat sy droom vrou tog nie werklik bestaan nie. Hier is n hele paar mooi jong meisies, maar elke keer dat hy een van hulle uitneem, skort daar iets met haar. As sy nie n koue poppie is met geen sin vir humor nie, dan is sy oppervlakkig, en strek haar skoonheid net tot aan die buite kant, en het hulle soms glad nie maniere nie. Dis gewoonlik die jong rykmans dogtertjies wat hard by Henk vlerk sleep, en moet hy se daar is n paar van hulle wat baie goed versorg en mooi is, maar dan het hulle niks in gemeen met hom nie. Hy soek maar nog al die tyd na die Helena in sy lewe. Helena wat orals ingepas het, en met almal n geselsie kon aanknoop, die mooie skone Helena, wat perfek aan sy arm gepas het, met haar blonde skouer lengte hare. Helena wat n perfekte dokters vrou sou maak. Almal op die dorp het dan ook aangeneem dat hulle twee binne kort sou trou, en dit was ook Henk se plan om haar te vra om sy vrou te word die aand toe hy besluit het om vroeg huis toe te kom van die seminaar af, om haar te verras. Helena was in elke opsig die perfekte vrou vir hom, behalwe dat Henk nie bereid was om haar met iemand anders te deel nie. Sy vrou moet net syne, en syne alleen wees. “Verskoon tog dokter, is alles nog in orde of is daar nog iets wat ek vir dokter kan bring?” vra die kelner hier langs Henk. “Um nee dankie ek is reg” antwoord Henk, maar almal wat vir Henk ken kan sien dat niks reg is nie. Dis asof Henk sy sin vir humor verloor het, en nie meer regtig belang by die lewe het nie. Sies tog sal die ou tannies agter bak handjies fluister wanneer Henk alleen by n funksie opdaag, en dan bespiegel oor hoe eensaam die arme jong mooi dokter is. Een tannie het selfs een aand vir Henk geknik en gese as sy nou so paar jaar jonger was sou sy darem maar vir die jong dames op die dorp gewys het hoe vat n mens n dokter vas. Henk het maar net gelag en vir die tannie geknip oog.
Terwyl Henk nog so sit en staar deur die venster besig om aan sy koffie te teug sien hy haar……
Sy staan aan die anderkant van die straat en wag om oor te stap. Sy draai haar kop van links na regs, en haar gits swart hare skyn blou in die son. Sy glimlag vir iemand wat in die verbygaan vir haar wuif, en Henk se mond hang oop. Vanwaar hy sit kan hy haar duidelik sien, en wat n verruklike prentjie is dit nie. Sy is kort, en fyn lyk amper asof sy nog in die skool kan wees, maar aan haar gesiggie kan Henk sien dat sy n paar jaar se pyn agter die rug het. Henk sit skielik regop, om beter te kan sien, sy stap oor die pad, en swaai haar swart hare weer terug oor haar skouer toe sy weer na links kyk om te sien of die pad nog skoon is.
Dan is sy so naby aan die venster waarvoor Henk sit, dat hy amper aan haar kan vat, as die venster hulle nie sou skei nie, maar hy kan nie die kleur van haar oe uitmaak nie.
Toe sy voor die venster verby stap is dit asof Henk se lam lede mate in werking tree, en spring hy op en storm by die deur uit. Hy weet nie hoekom nie maar hy weet verseker dat hy haar net moet leer ken. Henk besef nie hoe snaaks die kelners hom aan kyk toe hy so skielik opspring en by die deur uitstorm asof die duiwel hom jaag nie. “Dokter?!” skreeu die een kelner agter Henk aan, maar Henk hoor hom nie eers nie. Buite op die sypaadjie steek Henk verwilderd vas en kyk koorsagtig op en af op soek na haar, maar daar is geen teken van haar nie. Henk skud sy kop en knip sy oe asof hy wil seker maak dat hy reg sien, maar daar is niks, die straat is verlate. Henk draai om en stap gedwee die restaurant weer binne. “Dokter? Is iets verkeerd?” vra die kelner grootoog vir Henk. “Nee, nee alles is reg dankie” antwoord Henk met n veraf kyk in sy oe. Hy prop geld in die kelner se hand en stap by die deur uit sonder om te wag vir sy kleingeld. Hulle kyk hom verbaas agterna. Henk drentel deur die strate op soek na haar, maar nerens is daar n teken van haar nie. Dis asof sy van die aarde af verdwyn het soos n groot speld. Later besef Henk dat die son nou vinnig besig is om op die horison te verdwyn en hy besluit om maar aanstons huis toe te gaan, na die lee koue woonstel langs die see. Henk staan ouder gewoonte op die balkon met n glasie wyn in sy hand en tuur oor die see. Vandat hy haar vanmiddag gesien het, is dit asof die mooi entjie mens by hom spook, hy kan haar nie uit sy gedagtes weer nie, hoe hard hy ookal probeer. Hy teug behaaglik aan sy wyn, en sy oe bly vasgenaal op die laaste goue strale wat die son oor die branders gooi. Die strand is half verlate. Hier en daar is daar vakansie gangers wat gereed maak om huis toe te gaan, n vrou met n onwillige kleuter aan die hand, wat nog lus het om in die sand rond te dolwe, n paartjie wat hand aan hand oor die sand stap, en dan een of twee drawers, wat glad nie snaaks is vir Henk nie. Hierdie tyd van die aand is die lekkerste om langs die strand te gaan draf en n mens se stres vlakke te verlaag, want dan begin die dag afkoel, en is dit nie meer so drukkend warem nie, en waai die wind n koel briesie teen mens aan.
Henk draai om en stap na die tafeltjie op die balkon en skink vir hom nog n glasie wyn in. Dan draai hy om en toe hy weer teen die reeling aanleun, sien hy haar daar staan reg voor sy oe. Asof sy uit die niet verskyn het. Hy sien weer haar swart hare blou skyn in die laaste strale van die son, haar rok waai teen haar bene vas, en die wind lig haar hare so effens. Hy snak na sy asem en weet nie wat om volgende te doen nie. Moet hy stil staan of moet hy hardloop om by haar te kom voordat sy weer verdwyn? Wat sal hy vir haar se as hy soos n mal ding op haar afgestorm kom? Hy kan ook nie net rustig na haar toe stap nie, want netnou verdwyn sy weer. En die noodlot sal haar seer sekerlik nie vir n derde keer vandag oor sy pad stuur nie. Daar is iets aan hierdie vrou wat Henk nie kan pyl nie, maar een ding weet hy verseker sy het die een of ander aantrekkings krag wat hom soos n magnet na haar toe aantrek. Dan besluit hy om tog maar af te gaan strand toe, en te hoop dat sy nog daar is teen die tyd wat hy daar kom. Hy sit sy glasie wyn op die reeling neer sonder om sy oe van haar af te haal, met die hoop dat sy oe haar daar sal vaspen totdat hy by haar kan kom, en die volgende oomblik val die glas wyn met n plof geluid voor sy voete, en duisende stukkies blink glas staar vir Henk in die oe. Hy kan nie glo dat hy so dom ding kon doen nie. Dan skielik onthou hy van haar op die strand, hy kyk op en so waar, daar is niemand nie. Die strand is nou heeltemaal verlate, daar is geen siel in sig nie. Hy storm teen die balkon trap af en hardloop op die strand. Hy kyk op en neer maar daar is geen teken van haar nie. Inteendeel daar is geen teken van lewe op die strand nie. Henk kan dit nie verstaan nie. Lewe die vrou dalk net in sy verbeelding, of is sy werklik? Hy kom uitasem tot stilstand, op die plek waar sy nie eers vyf minute gelede gestaan het nie. Hy kyk af op die sand, en daar is nie eers vars voet spore in die sand nie. Henk kan dit nou glad nie verstaan nie. Hy vee moeg oor sy oe en sug hard. Hoe is dit moontlik. Eers sien hy haar deur die restaurant se venster, en daar is iets wat hom na haar toe aantrek, dan verdwyn sy soos n groot speld, nou sien hy haar weer lewens groot op die strand, hy kyk vir n paar sekondes weg en dan het sy weer verdwyn. Henk skud sy kop, maak n gebaar voor sy gesig, wat lyk asof hy n spinnerak wil weg vee, draai dan om en stap moeg terug woonstel toe.
Daardie aand le Henk lank in sy bed en rondrol, met die geluid van die bruisende branders in sy ore en die reuk van die see in sy neusgate, hy draai heen en weer van die een sy na die ander, dan weer op sy rug, maar slaap vir hom wil net nie kom nie. In die vroee oggend ure raak Henk tog wel aan die slaap, en droom dan van haar. Hy sien haar weer op die strand staan, en hy stap nader, hy gaan agter haar staan en raak dan liggies aan haar skouers asof hy bang is dat sy sal breek as hy te hard aan haar vat, en dan word sy grootste vrees bewaarheid en verdwyn sy soos mis in sy hande………..
Henk skrik wakker en koue sweet perel op sy voorkop. Hy voel moeg en glad nie uitgerus nie. Hy sal op die een of ander manier deur hierdie dag moet kom. Hy stort, drink n koppie koffie en gaan dan spreekkamer toe. Gelukkig is daar nie baie afsprake vandag nie. Hy sal dit vroeg kan afhandel, n draai by die hospitaal maak, en gou vir tannie Swarts gaan besoek, voordat hy dan die middag vir homself sal he.
Henk sukkel om te konsentreer, op wat hy doen. Hy kan nie verstaan hoe die vreemde vrou sy kop so deur mekaar kan krap nie. Hy was nog nooit n dromer nie, maar die vrou smokkel behoorlik met sy kop. Hy sukkel om te konsentreer en hy kan nie toelaat dat dit sy werk beinvloed as dokter nie, sy pasiente is afhanklik van hom en hy sien nie kans om sy beroep prys te gee terwille van n vreemde vrou wie se naam hy nie eers ken nie. Hy sukkel deur die dag, en eindelik is sy afsprake verby en kan hy die kantoor deur agter hom toe trek. “Sunette, ek gaan hospitaal besoek doen, en dan sal ek op my selfoon beskikbaar wees” kondig hy so terloops aan in die verby gaan. “Reg so dokter. Voel dok siek?” vra sy met groot bekommerde oe want sy kon ook sien dat Henk se kop nie vandag is waar hy behoort te wees nie. “Nee Sunette, ek is net moeg, baie moeg” is al wat Henk se voordat hy by die deur uit verdwyn. By die hospitaal gekom, stap die saal suster saam met hom na tannie Swarts se kamer toe. Hopelik sal hy haar vandag kan ontslaan. “Goeiedag tannie, en hoe voel tannie vandag?” vra Henk gemaak opgwek toe hy die kamer binnestap. “Hallo dok, nee ek voel baie beter as gister dankie.” ”Nou kom dat ons bietjie hoor hoe klink daai bors van tannie, dalk is tannie gelukkig en kan tannie vandag huis toe gaan” glimlag Henk vir tannie Swarts. “Ek hoop so dok, my ou man mis my seker al by die huis, jy weet hy kan mos nie so alleen reg kom nie” glimlag sy terug. Henk ondersoek vir tannie Swarts in stilte, en wanneer hy die stetoskoop om sy nek hang, glimlag hy vir haar:”Ek dink dis tyd om huis toe te gaan, wat se tannie?” “Ja dok, dis reg so” glimlag sy terug. “Suster, maak asb seker dat jy die voorskrif vir tannie Swarts by die apteek kry voordat sy huis toe gaan. So ja nou kan ek net tannie se ontslag vorm teken en dan is tannie reg om huis toe te gaan” “Seker dokter, ek gaan nou dadelik” glimlag die suster vir Henk toe sy die leer vat en by die saal uitstap.
Toe Henk in sy motor klim voor die hospitaal, sug n hard en vryf moeg oor sy oe. Hy weet hy wil haar soek maar waar sal hy tog begin soek, as hy nie eers haar naam ken nie. Besluitloos sit hy so in die motor. Weet nie waarheen om te gaan nie, hy kan nie besluit of hy huis toe moet gaan en bietjie gaan ontspan op die balkon met die hoop om haar weer op die strand te sien nie, of moet hy liewer gaan koffie drink by die restaurant waar hy haar die eerste keer gesien het? Dan besluit hy om tog maar te gaan koffie drink.
In die restaurant besluit hy om die spreekkamer te skakel en te hoor hoeveel afsprake hy nog het vir die week. “Dr Henk van Staden se kamers, goeie middag Suzette wat praat” “Middag Suzette” “Dokter!” antwoord sy verras. “Suzette kyk gou vir my hoeveel afsprake het ek nog vir die week?” “Seker dokter, uhm, dokter daar is net tannie Loots more middag twee uur, en dan is daar oom Pienaar oormore oggend tien uur, die res van die week is nog oop.” “Suzette, doen my asb n groot guns, moenie enige ander afsprake maak nie, ek gaan so paar dae n blaas kansie vat, tannie Swarts is ontslaan vanoggend, en ek sal vir dokter Joubert vra om vir my in te staan vir daardie twee pasiente, hulle kom net vir hulle kroniese voorskrifte. Dankie Suzette, en as daar enige iets ernstig is, verwys asb die pasiente na Dr Joubert. Ek sal weer volgende week Maandag by die kamers wees.Totsiens” “Goed so dokter, en totsiens” en dan sit Suzette so rukkie stil en nadink oor wat Henk nou net vir haar gese het, sy kan nie glo dat hy n blaas kansie wil vat nie, almal se altyd dat Dr Henk van Staden n werksesel is, hy is altyd op sy pos, en die drie jaar wat sy nou vir hom werk kan sy nie onthou dat hy nog ooit eendag afgevat het, of sy pasiente na Dr Joubert verwys het nie. Sy wonder wat aan die gang is, hy het hoeka vanoggend nie goed gelyk vir haar nie.
“Die gewone dokter?” vra die kelner vriedelik. “Ja dankie, ek dink jy moet sommer vir my toebroodjie ook bring, ek besef nou eers dat ek nog nooit vandag geeet het nie.” “Seker dokter, wat se toebroodjie sal u verkies? Ons het ham kaas en tamatie, of dan het ons ham, blaarslaai en tamatie?” “Um ja die tweede een klink lekker dankie.” “Seker dokter, ek bring dit” dan draai die kelner om en knip oog vir die ander kelner wat voor die toonbank staan. Henk eet sy toebroodjie en drink sy koffie op sy tyd. Maar sy gedagtes werk oortyd, hy kan haar net doodeenvoudig nie uit sy gedagtes weer nie. Sy oe soekend tussen die mense wat voor die venster op en af loop, maar geen teken van haar nie.
Toe Henk besef dat die son al weer besig is om vinnig te sak, besluit hy om maar huiswaarts te keer. Hy betaal sy rekening by die toonbank en stap by die deur uit, sy gedagtes onpeilbaar.
“Ek wonder wat makeer hom?” se-vra die een kelner vir die ander een. “Nee jong ek weet nie, maar as jy my vra is daar n vroumens betrokke, mens kan dit sommer in sy oe sien” glimlag die ander een asof hy iets weet wat niemand anders weet nie.
Henk staan weer soos ouder gewoonte op sy balkon met n glasie wyn in die hand. Hy teug aan sy wyn, en verwonder hom aan die goue strale van die son op die see. Die strand is soos oudergewoonte besig om vinnig leeg te loop, en Henk se oe dwaal angstig tussen die verbygangers deur op soek na haar, maar niks, sy is net weg……..
Daardie aand slaap Henk weer onrustig soos die vorige aand, elke keer droom hy sy staan daar op die strand, en wanneer hy aan haar skouers vat verdwyn sy soos mis voor die son………
Henk word wakker met n vreeslike hoofpyn, hy stap badkamer toe, maak die medisyne kassie oop en haal vir hom twee pyn tablette uit. Hy sluk dit sommer met n mond vol water weg, en dan drentel hy kombuis toe, hy het nie regtig lus vir iets nie, maar hy moet seker maar iets eet, hy kan mos nie pille op n lee maag drink nie. Dan skakel hy die ketel aan en maak vir hom twee geroosterde broodjies. Hy sit die konfyt en die botter op die tafel neer en gaan dan by die tafel sit met sy broodjies en koffie voor hom. Tydsaam smeer hy sy broodjies en vat n slukkie van die koffie. Sy gedagtes nog steeds by die misterieuse vrou van gister. Voor sy geestesoog sien hy haar weer toe sy oor die pad stap en haar hare oor haar skouer gooi, hy sien weer hoe sy vir iemand glimlag, en hy sien hoe haar hare blou in die son skyn, dan sien hy haar weer op die strand staan, dit moet sy wees, want die figuur en die manier wat sy haar kop draai wanneer sy haar hare oor haar skouer gooi, is uniek, hy het nog nooit regtig n vrou gesien wat dit so doen op daai manier nie. Hy wonder weer vir die soveelste keer wie sy is, en hoekom sy elke slag soos mis voor die son verdwyn. Hoekom het die noodlot haar dan op sy pad gestuur, as dit hom nie beskore is om haar te kry en te leer ken nie? Nadat Henk sy broodjies geeet het, staan hy op die balkon en tuur oor die see. Dit is so mooi hiervandaan hierdie tyd in die oggend. Daar is nog nie mense op die strand nie, en die lug ruik skoon en vars. Vandag gaan hy net hier by die huis bly en ontspan, hy het dit regtig nodig want die afgelope tyd kry hy nie meer genoeg rus nie. Die vrou met die lang swart hare spook behoorlik by hom. Later die middag besluit Henk om langs die strand te gaan stap toe die son begin sak en die mense op die strand begin huis se kant toe staan. Henk stap stadig met sy voete op die nat sand. Kort kort spoel die water oor sy voete, en dit bring verligting vir die hitte. Henk se kop bly by die misterieuse vrou met die lang swart hare. Dan sien Henk haar weer. Sy staan weer op die strand min of meer op dieselfde plek waar hy haar elke keer sien. Henk staan asof hy versteen het, dit is asof sy ledemate skielik lam is en asof hy nie kan beweeg nie. Sy brein stuur seine na sy bene maar dit is asof hulle ongehoorsaam is hulle wil nie saam werk nie. Dan sien Henk n man na die vrou toe aangestap kom, en toe die man n paar tree van haar af is kyk sy om en sien hom. Al staan Henk n hele paar honderd meter weg van hulle af kan hy sien dat sy geskrik het toe sy die man sien. Die man kry haar aan die arm beet, en onwillig moet sy hom oor die sand volg, want hy sleep haar behoorlik agter hom aan. Dan kom Henk se lam lede mate skielik in werking, en begin hy oor die sand draf na waar die man die vrou oor die sand agter hom aan dwing. “Haai!! Haai! Wag bietjie!!” skree Henk agter hulle aan maar dis asof die wind sy stem oor die branders wegwaai, en hulle hoor hom nie. Henk kan sien dat sy glad nie genoee is om saam met die man te gaan nie. Toe Henk uiteindelik by die pad kom na waar hulle twee heen verdwyn het, is hy net betyds om te sien hoe n swart BMW wegtrek met skreeuende bande. Waarheen sou die man haar vat? En hoekom was sy onwillig om saam met hom te gaan? Wil die man haar dalk seer maak?
Daardie aand slaap Henk glad nie. Hy sien allerhande drog beelde voor hom elke keer wat hy insluimer. Dan probeer hy haar red van die man, maar net voordat hy by haar is, skrik hy wakker, met koue angs sweet wat op sy voorkop perel. Henk kan dit nie meer hanteer nie. Hy moet weet wat aan die gang is met die misterieuse vrou met die lang swart hare en die pyn op haar gesiggie. Hy begeer om haar in sy arms te neem en al die seer en kommer en bang weg te troos met soene. Hy wil haar in sy arms neem en haar nooit ooit weer laat gaan nie. Maar hy weet nie waar om na haar te gaan soek nie.
Weke het verby gegaan, na die dag op die strand wat Henk gesien het hoe die man haar hardhandig agter hom aansleep en in n BMW met haar wegjaag. Hy het haar nog nie weer gesien nie. Telkemale wanneer hy in die aand op die balkon staan en wag dat sy weer haar verskyning moet maak op die strand, wonder hy of daai man haar nie dalk ontvoer het of nog erger… hy wil nie eers daaraan dink dat sy dalk mag dood wees nie.
Elke aand staan Henk tevergeefs en wag op sy balkon,daar is geen teken van haar nie. Sy het soos mis voor die son verdwyn. En hoe meer dae verby gaan sonder dat Henk haar weer sien, hoe meer neem sy kommer toe, en hoe meer angstig word hy. Die mense saam met wie hy by die hospitaal werk, het ook die verandering in sy gemoedstoestand agter gekom, maar niemand kan hom peil nie. Niemand kan eers probeer verstaan waardeur hy gaan nie. Hy het ook niemand met wie hy kan gaan praat oor hierdie misterieuse vrou, vir wie hy so baie deernis voel nie, hulle sal nie kan begin om te verstaan hoe hy so oor iemand kan voel wie se naam hy nie eers ken nie. Die dae sleep traag verby, maar die aande gaan te gou om want dan staan Henk op die balkon, sy oe stip op die strand voor hom, soekend na haar….
Henk hou stil, klim uit sy motor, en los die deur oop, toe hy aanstap na die groot huis, teen die hang van die berg. “Dr van Staden, ek sal u motor gaan parkeer!” roep een die van jongmanne agter Henk aan toe hy haastig teen die trappe opklim na die voordeur.
“Dr van Staden, hoe gaan dit met dokter?” hoor Henk n stem agter hom. “Goed, goed, mev Langefeld, en met u?” vra Henk, maar in sy hart wens hy dat die mense hom net vanaand in rus en vrede wil los. Hy het nie regtig lus gehad vir die affere nie, maar het nie n keuse gehad nie. Hy het die uitnodiging na die afskeidspartytjie van dr Langefeld aanvaar voordat hy die misterieuse vrou ondek het. “Goed dokter, goed….” Henk hoor haar praat maar hy luister nie, sy gedagtes is op n ander plek.
Dan sien Henk haar aan die oorkant van die onthaal area. Sy oe staan verstar. Hy kan nie glo wat hy sien nie, daar staan sy sowaar in lewende lywe voor hom. Sy lam bene begin voorentoe beweeg en toe hy agter kom dat mev Langefeld nog met hom gesels maak hy vinnig verskoning:” Verskoon my asb mev, ons gesels later weer” praat Henk maar sy oe bly vasgenael op haar. Hy is bang as hy sy oe knip sy weer soos mis voor die son sal verdwyn. Hy peil reguit op haar af, maar toe hy nader kom sien hy dat daar n man by haar is, n ouerige man, die het haar stewig aan haar arm beet, lyk asof hy ook bang is dat sy sal weghardloop as hy haar arm sal los. Henk stap stadig nader en dan staan hy reg voor haar. Vir die eerste keer staan hy so naby aan haar dat hy aan haar kan vat as hy sy hand sou uitsteek, maar hy mag nie. Dan kyk sy op toe Henk voor hulle tot stilstand kom. Henk sien haar oe, dis die mooiste blou oe wat hy in sy lewe nog aanskou het, dit lyk soos albasters, n koue blou, maar daar is tog warmte in hulle toe sy vir Henk vol in die oe kyk. Henk kan haar nie peil nie, sy lyk soos n verwilderde wildsbokkie, en Henk voel iets roer in sy binneste vir haar. Hy kry haar innig jammer, maar weet nie hoekom nie. Dis asof haar oe vir hom vra om haar te help. Henk steek sy hand uit na die man by haar. “Aangename kennis, ek is dr van Staden” groet Henk vriendelik. “Aangenaam dr van Staden, ek is Lucas Nienaber” “Verskoon tog as ek voorbarig klink, die Lucas Nienaber?” vra Henk uit die veld geslaan. “Ja dr van Staden, die Lucas Nienaber” “Bly te kenne mnr Nienaber.” Glimlag Henk en kan nie glo dat dit Lucas Nienaber is nie. “En wie is die skone jong dame?” glimlag Henk na die misterieuse jong vrou oorkant hom. Hy hou haar oe gevange terwyl hy haar koue bleek handjie in syne toevou. “Dit is….” en dan hoor Henk niks verder nie, want haar hand word slap in syne, en sy sak inmekaar. Henk is net betyds om sy arm om haar lyf te sit om te keer dat sy nie op die vloer val nie. “Gee haar net so bietjie spasie asb. Meisie? Meisie? Kan jy my hoor?” vra Henk met kommer en deernis in sy stem. “Is daar enige iets wat ek moet weet Lucas?” vra Henk en kyk skerp na hom. “Nee dr van Staden, sy het netnou gekla dat sy nie so goed voel nie, bietjie duiselig gewees, maar niks ernstigs nie” glimlag Lucas vir Henk. “Mev Langefeld skakel asb dadelik vir my die ambulans” se Henk terwyl hy langs haar gebukend sit met haar kop in sy arms. Hy is so naby haar dat hy haar hare kan ruik, dit ruik soos appelkose. Dan eers sien Henk dat sy swart kringe onder haar oe het. “Ek gaan haar opneem vir observasie, en toetse Lucas” Se Henk kalmpies, maar kan nie help om te wonder waaroor die meisie so broos lyk nie. “Ek dink nie dit sal nodig wees nie dr van Staden” probeer Lucas wal gooi. “Ek is n dokter Lucas en ek dink dit is nodig. Het iemand die ambulans ontbied?” vra Henk nou ietwat strenger, en Lucas besef dat dit nie gaan help om met Henk te stry nie. “Ja dr van Staden ek het dit reeds gedoen” se mev Langefeld hier langs hom. Toe die ambulans kom, help Henk om haar gemaklik te maak op die trollie bed en dan stap hy saam na die ambulans. Op pad uit steek hy vas by een van sy vriende en vra:”Johan sal jy omgee om my motor hospitaal toe te bring wanneer julle hier klaar is?” “Seker Henk, ek maak so ek sal sommer die sleutels vir jou by Annette los” “Dankie Johan, is daar iemand wat saam kom hospitaal toe, om die vorms in te vul?” vra Henk en kyk na Lucas. “Ja, uhm ek sal net nou daar wees” se Lucas en Henk kan sien dat hy glad nie ingenome is met die idee dat sy hospitaal toe moet gaan nie. Henk ry saam met haar in die ambulans, en voel kort-kort aan haar pols. Dit klop nie reelmatig nie. Iewers is daar iets fout met hierdie pragtige vrou en hy wat Henk is gaan uitvind wat dit is wat haar so ontstel en hoekom sy altyd soos mis voor die son verdwyn. En terselfde tyd gaan hy sommer uitvind wat dit is wat haar so siels ongelukkig maak. Hy wat Henk is gaan dit verander, want dit wat hy hier in sy binneste gevoel het vanaand toe sy haar koue bleek handjie in syne gesit het, is onbeskryflik hy kan dit nie in woorde beskryf hoe hy gevoel het nie. Hy het nog nooit in sy lewe so gevoel nie, dis n gevoel wat hy nog nooit in sy lewe ervaar het nie, maar een ding weet hy verseker die gevoel wat hy nou het is om hierdie meisie met sy hele lewe te beskerm teen seerkry. By die hospitaal het hy net gou vir Annette gaan se dat Johan sy sleutels by haar sal los, en dat daar net nou iemand sal kom om haar vorms in te vul. Toe is hy reguit na die kleedkamers, waar hy sy doktersjas gaan aantrek het, terwyl die verpleegsters haar opgeneem het, en haar gemaklik gemaak het. “En hoe lyk dit hier, is ons pasient al wakker?” vra Henk saggies toe hy by die kamer instap. Hy het gevra dat hulle haar in n privaat kamer sit. “Nee dokter, sy slaap nog. Wat is fout met haar?” vra Jolandi. “Ek weet nog nie, maar dit lyk vir my na uitputting. Ek sal eers met sekerheid kan se wanneer ek haar ondersoek het, en miskien sal ons so paar toetse ook moet doen.” Se Henk met sy oe vasgenael op die klein figuurtjie. Sy lyk ekstra bleek teen die wit hospitaal kussings. “Meisie? Kan jy my hoor?” vra Henk sag nadat Jolandi die kamer verlaat het. “Ek is hier by jou, jy hoef nie meer bang te wees nie, ek sal seker maak dat niks met jou gebeur nie” fluister hy hier by haar terwyl hy besig is om haar te ondersoek. Hy lig haar nagjurk wat die verpleegsters vir haar aangetrek het op, om die stetoskoop op haar bors te sit sodat hy na haar hart kan luister, en dan merk hy die blou kolle naby haar ribbes op. “En wat het ons hier? Wie het jou so seergemaak?” vra hy met n frons tussen sy oe. Hy kan voel hoe die bloed na sy kop opstoot, want uit ondervinding weet hy dat iemand haar moes aangerand het. Maar wie?
Ure later fladder haar oe oop. Dan kyk sy verwilderd in die kamer rond, terwyl sy orent vlieg. “Waar is ek? Wat het gebeur?” “Stadig, stadig meisie, jy is in die hospitaal, omdat jy flou geword het.” Glimlag Henk vir haar. “Maar…maar Lucas…” probeer sy iets se maar Henk kan sien dat sy sukkel om asem te haal. “Vergeet nou eers van Lucas en ontspan. Le rustig agter oor dan kan ons more gesels wanneer jy beter voel. Jy moet rus kry. Moenie bekommerd wees nie meisie, ek sal mooi na jou kyk, niks en niemand sal jou leed aandoen nie. Dan val haar oe weer toe. “Jolandi, kry asb vir Annette, ek soek n drip, hierdie klein mensie het al begin ontwater ook, ons sal moet vloeistowwe in haar liggaam kry. Etlike minute later het Henk klaar haar drip aangesit, en dit lyk asof sy rustig is. Henk kan nie verstaan dat sy in floutes verval nie. Later daardie aand terwyl Henk langs haar bed sit, sien hy hoe die sweet op haar voorkop perel. Hy neem haar koors en toe hy sien hoe hoog haar koors is, is dit asof hy skrik. “Jolandi, bring asb vir my 10ml voltaren, ek sal haar moet spuit, haar koors is baie hoog.” Gebied hy. “Maak so dokter” se Jolandi terwyl sy by die deur uit drafstap. Nadat Henk haar gespuit het, en hy seker gemaak het dat haar koors gebreek het gaan hy in die hoek op die gemak stoel sit. Dan is daar beweging by die deur, en toe Henk opkyk staan Lucas daar. “Lucas, ek is bly jy is hier, ek wil jou so paar vrae vra” se Henk maar kan nie help om die opstandigheid in sy binneste te voel nie. “Dr van Staden” is al wat Lucas se. “Lucas, ek het haar ondersoek, sy lei aan uitputting, is ontwater, het n hoe koors, wat heel moontlik spruit uit n infeksie iewers, net ek kon niks kry wat infeksie kon veroorsaak het nie, behalwe die blou merke aan haar liggaam naby haar ribbes, weet jy dalk wat dit veroorsaak het?” vra Henk koel. “Um…ja dokter u sien, sy het so tydjie gelede by die trappe afgeval, maar wou niks weet dat ek haar dokter toe moes vat nie, sy is maar so hardkoppig, my klein vlindertjie, kan mos nie loop as sy opgewonde is nie moet alewig hardloop.” Probeer Lucas verduidelik. “U se sy het by die trappe afgeval? Jy sal my haar hele agtergrond moet gee Lucas, waar sy bly en hoe dit gebeur het dat sy van die trappe afgeval het, of daar enige siektes in haar familie is? Jy weet sulke goed.” “Of daar enige siektes in haar familie is sal ek nou nie weet nie dok, jy sien ek het haar gekry toe sy veel jonger was, het groot geword in n weeshuis, haar ouers is albei glo dood toe sy maar net nog n klein dogtertjie was.” Eindig hy half lamlendig. Henk kyk stip na Lucas, asof hy probeer sien hoeveel waarheid in die klomp snert is wat hy aan hom probeer afsmeer. Bid jou dit aan van die trappe afgeval. “Wel Lucas, wie is verantwoordelik vir haar?” vra Henk en dit lig in sy oe se vir Lucas dat hy nie langer enige stories gaan duld nie. “Ek is.” Is al wat Lucas se. “Wat is haar naam?” “Lanie, dokter, hoe lank gaan sy hier moet bly?” vra Lucas. “Wat is dit wat jou pla Lucas? Dit kan seker nie die hospitaal rekening wees nie?” vra Henk. Voor hom staan een van die mees aansiene besigheidsmanne van die stad, en hy wil weet hoe lank sy in die hospitaal sal moet bly. “Nee, nee glad nie dokter, ek het maar net gewonder, die huis is nogal leeg sonder haar” glimlag hy senuagtig en Henk kan nie help om te wonder wat hy wegsteek nie. “Wel Lucas, eers sal ons vloeistof moet terug kry in haar liggaam, dan kan ons begin toetse doen en x-strale neem om te sien of daar nie gebreekte ribbes is nie en dan sal ons kan vasstel waar die infeksie is wat haar koors so hoog laat styg. Geen nut vir jou om hier te bly nie, ek het haar n inspuiting gegee en sy sal rustig slaap vir die res van die nag, as daar enige verandering is sal ek jou dadelik kontak. Goeienag Lucas” dan draai Henk sy rug op Lucas en raak doening met Lanie se leer. “Goeienag dokter” en dan hoor Henk hoe sy voetstappe by die deur uit en in die gang af verdwyn. Henk draai na die bed toe en staan die meisie lank en bekyk.
”Wat het hierdie man aan jou gedoen Lanie? Het hy jou so verniel, of het jy regtig by die trappe afgeval?” Henk sit lank so langs haar bed en kyk net na die slapende vrou voor hom. Hy het in sy lewe nog nie so mooi mens gesien nie. Haar lang swart wimpers gooi n skadu oor haar wange, en maak die donker kringe onder haar oe nog donkerder. Haar lippe is vol en mooi, en Henk kry skielik die begeerte om sy lippe daarop te rus, hy buk stadig vorentoe, maar besluit dan daarteen, as hy haar soen sal dit wees omdat sy dit ook so wil het en haar toestemming gee. Dan trek hy die laken versigtig oor haar bolyf, vryf stadig en saggies oor haar hare, en laat sy hand op haar voorkop rus. Haar koors het darem nou gebreek en sy lyk rustig. Dan gaan Henk na die kantien om vir hom n koppie koffie te kry. Hy sit lank so met die koppie koffie voor hom. Dan drink hy dit en besluit om weer terug te keer na Lanie toe. Noudat hy weet wie sy is en waar sy is, sal hy nie toelaat dat sy weer onder sy oe uit verdwyn nie.
Daardie nag slaap Henk weer nie veel nie. Nadat hy seker gemaak het dat sy veilig is, staan hy op en stap na Jolandi. “Jolandi, more oggend eerste ding wanneer Lanie wakker word, moet sy gaan vir x-strale, ek soek x-strale van haar hele liggaam, van kop tot tone, ek gaan nou maar huis toe, maar sal more oggend vroeg weer hier wees voordat ek preek kamer toe gaan, en hou haar maar so rustig as moontlik, as enige iets in die nag verder gebeur bel my dadelik, dankie en lekker werk” “Goed so dokter.” Glimlag Jolandi vir Henk. Henk stap met lang tree in die gang af en uit by die voordeur, klim in sy motor en ry huis toe. Daar gekom skink hy vir homself nog n koppie koffie, skakel rustige musiek op die radio aan en gaan maak dan die stort oop. Henk le lank en rondrol in sy bed. Hy voel ietwat meer verlig want nou weet hy ten minste dat Lanie nie n spook is nie, dat sy vlees en bloed is, wat op hierdie stadium verniel is, maar hy gaan haar reg dokter al is dit die laaste ding wat hy in sy lewe doen.
Dan raak hy onrustig aan die slaap.
Lank voordat sy wekker afgaan is Henk al op en besig om te stort en aan te trek. Hy kan nie vinnig genoeg by die hospitaal kom nie. “Goeiemore Jolandi, slaap ons pasient nog?” vra hy toe hy by die ontvangs verby stap. “Nee dokter sy is wakker, sy het seker so half uur gelede wakker geword en toe vir my kom vra of sy iets kan kry om te drink want sy is dors. Ek het toe vir haar gaan tee haal.” Glimlag Jolandi terwyl sy agter Henk in die gang af stap. “Goeiemore Lanie. Hoe voel jy nou meisie?” vra Henk teer toe hy by haar kamer instap. “Goeiemore dokter, ek voel stukke beter dankie.” Glimlag sy terug, maar Henk kan sien dat haar glimlag nie by haar oe uitkom nie. “Jolandi sal jy omgee om die deur agter jou toe te trek, ek wil graag so paar minute alleen met Lanie gesels” en Jolandi weet instinktief dat dit nie n versoek is nie maar eerder n bevel. Sy trek die deur op knip agter haar toe sy uit stap. “Lanie, ek wil so bietjie met jou gesels, maar eerstens wil ek he dat jy moet weet wat jy hier aan my vertel bly streng vertroulik net tussen ons, reg so?” “Um ja dokter” en Henk sien dat sy weer daardie bang uitdrukking in haar oe het. Genugtig ek hoop nie dat sy bang is vir my nie. “Lanie, meisie luister jy nou mooi vir my wat ek nou gaan se. Ek het gisteraand met Lucas gepraat, en hy se vir my dat jy in die weeshuis groot geword het?” “Dis reg dokter, ek het, my ouers is dood toe ek maar net 10 jaar oud was, en Lucas het my uit die weeshuis kom haal die dag toe ek 16 geword het. Ek bly sedertdien by hom.”
”Hoe oud is jy nou Lanie?” “Ses en twintig dokter” “Noem my sommer Henk hierdie dokter klink tog so formeel, en ons gaan nog groot vriende word so asb as jy nie omgee dat ek jou Lanie noem nie sal ek dit waardeer as jy my Henk sal noem” glimlag hy en kyk teer na haar. Lanie voel instinktief Henk se opregtheid aan en sy ontspan ietwat. “Goed so Henk, wat is daar wat jy nog wil weet?” vra sy, maar kan nie vir Henk in die oe kyk nie. “Ek is jammer oor dit wat gisteraand gebeur het, ek het nie bedoel om almal se partytjie te bederf nie, maar ek was so verskriklik moeg, en Lucas wou nie he dat ek moes huis toe gaan alleen nie.” Se sy verskonend. “Dis geen probleem nie meisie, jy het nie my partytjie bederf nie, ek het inelkgeval nie lus gehad vir al die opgesmukte mense se geselskap nie. Ek sou veel eerder by die huis wou gewees het op die balkon wat uit kyk oor die see, maar nou ja as ek nie daar was nie weet ek nie wie dan tot jou redding sou gekom het nie.” Glimlag hy. “Vertel my nog so bietjie meer oor jouself. Waar jy en jou ouers gewoon het, en hoekom Lucas jou uit die weeshuis uit kom haal het, en of daar enige geskiedenis is van oorerflike siektes in jou familie, en hoe jy en Lucas se verhouding inmekaar steek?” vra hy, en wag angstig dat sy moet begin praat, maar wys dit nie vir haar nie, hy maak asof hy besig is om iets in haar leer te kyk. “Ek weet nie so mooi nie dok..Henk, as Lucas moet weet dat ek sommer met enige iemand hieroor praat sal hy…” en dan sterf haar woorde in haar keel weg. “Sal hy wat? Jou slaan? Jou skade aan doen?” vra Henk en hy kan voel hoe die bloed na sy kop opstoot met die blote gedagte dat iemand haar wil seer maak. “Nee, nee, keer sy vinnig, Lucas sal my nie seer maak nie, ek, ek het by die trappe afgeval,”se sy te vinnig, en nou weet Henk verseker dat sy te bang is om die waarheid te praat. Hy sal haar eers moet kry om hom te vertrou dan sal sy dalk vir hom die waarheid vertel. “Ja ek weet meisie, ek is jammer ek het dit nie so bedoel nie, Lucas het my gisteraand vertel dat jy by die trappe afgeval het, dis waar die blou kolle op jou ribbes vandaan kom, maar wat het jy dan gedoen om by die trappe af te val?” vra Henk die strik vraag. “Ek het gegly, my balans verloor en by die trappe afgeval” “En hoe hoog is die trappe meisie?” “Nogal hoog” antwoord sy huiwerig. “En jy het niks gebreek nie, sjoe maar jy is gelukkig ne? Maar se gou vir my hoekom is jy so hardkoppig hoekom wou jy nie he dat hy jou dokter toe moes bring nie?” “Ag ek weet nie Henk al hierdie vrae maak my kop deurmekaar, ek het geval en nie agter gekom dat ek blou is nie so ek het nie gedink dat dit nodig was om dokter toe te gaan nie.” Antwoord sy maar Henk weet en sy weet dat dit nie die waarheid is nie. Sy was natuurlik te bang om dokter toe te gaan, want daai blou is nie van val nie, dis van slaan. “Nou goed, Lanie, ek sien jy is baie gespanne, jy kan maar ontspan meisie, ek is n dokter, en vang nie klein meisietjies soos jy nie, ek het maar net meer agtergrond van jou probeer kry” probeer Henk n ander taktiek. “Ek weet Henk,ek weet” “Wel Lanie, ek het x-strale bestelvir jou,hulle sal jou net nou kom haal dan kan ons net gou seker maak dat daar nie ander skade opgedoen is met die val nie en sodra ons genoeg vloeistowwe in jou lyfie het dan kan ons sien wanneer jy kan huis toe gaan goed so?” “Dis goed so Henk” en Henk kan nie wonder hoekom haar oe vertroebel het toe sy die woord “huis toe” hoor nie. “Wees nou soet, en eet al jou kos en dan sien ek jou so bietjie later” se Henk en knipoog vir haar toe hy haar leer op die trollie neersit. “Goed so dokter” en Henk wonder of hy hom verbeel,of is daar n tikkie humorsin wat wou deur breuk. “Tata, meisie” Dan stap Henk flink by die deur uit. “Jolandi? Ek wil weet wanneer die x-strale se uitslag hier is, ek wil ook he dat julle bloed moet trek sodat dit kan gaan vir ontleding, en die oomblik wat die uitslae terug is wil ek dadelik weet. Skryf dit onder noodbelangrik in haar leer sodat Sonja kan weet wanneer sy op diens kom.” “Goed so dokter ek doen dit dadelik.” “En Jolandi…kyk mooi na haar, sy is baie broos” voeg Henk by, draai dan om sonder om op n antwoord te wag en stap vinnig in die gang af.
Henk sit in sy spreekkamer toe sy foon lui. “Henk van Staden” se hy saaklik toe hy die foon antwoord. “Dr van Staden, Sonja hier by die hospitaal, ons het die uitslag van die bloedtoetse gekry, en die x-strale se uitslag is ook hier. Ek wou maar net vir dokter laat weet het.”
”Dankie Sonja, ek is nou klaar hier by die spreekkamers ek kom dadelik”
Henk vat sy baadjie en sy tas in sy hand. “Suzette, ek gaan hospitaal toe, as daar enige iets dringend is, laat weet maar” “Ek maak so, dok, lekker bly”
”Tata Suzette” Dan stap Henk met lang hale na sy motor toe, en trek vinnig weg. By die hospitaal kan Henk se bene hom nie vinnig genoeg na die saal dra waar sy droom vrou le nie. Hy kan nie wag om die uitslag van die bloed toetse en die x-strale te sien nie. “En hoe gaan dit nou met die mooie jong dame?” vra hy vrolik toe hy by die deur instap. “Goed dankie Henk, stukke beter”
”Ek is baie bly om dit te hoor, kom ons kyk gou wat se die x-strale, en die bloed toetse.”
Henk haal die x-strale uit die groot bruin koevert en hou dit in die lig voor hom. “Uhm…ja” se Henk terwyl hy die x-staal plate bestudeer. “Alles reg dok?’ vra Lanie, met kommer in haar stem. “Uhm ja, dis nes ek gedink het, sien jy hier, is die gekraakte ribbes,” se Henk en beduie vir haar waar om te kyk. “Ek sien” is al wat Lanie se en daar keep n diep frons op haar voorkop. “Ek het gedink dat daar gebreekte, of gekraakte ribbes moes wees, met daai lelik blou merke” “Wat nou Henk?” “Nou moet ons jou maar net iets vir die pyn gee, en jou rustig hou totdat dit weer aangegroei het. Waar werk jy meisiekind?” vra Henk. “Ek werk nie op die oomblik nie Henk, ek is maar by die huis, en kyk dat alles daar volgens plan verloop” maar Henk kan sien dat Lanie se lewe nie so eenvoudig is nie, en die feit dat sy gekraakte ribbes het en nie by die dokter uit gekom het nie, bevestig Henk se vermoede dat daar meer agter hierdie kamtige gevallery van haar steek as wat sy of Lucas wil erken. As hy haar net kan vertel hoe hy oor haar voel, van die eerste oomblik af wat hy sy oe op haar gele het, en as hy haar net kan kry om hom genoeg te vertrou om hom die waarheid te vertel. Lanie le met haar kop skeef op die kussing gedraai, vir Henk en bekyk, toe hy die ander bruin koevertjie vat om na die uitslag van haar bloed toetse te kyk. Henk maak die koevert oop en vou die enkele papier wat daar binne is oop en begin lees. Henk raak bleek, toe hy die reeltjies op die bladsy lees. Die frons op sy voorkop laat vir Lanie sug en sy kan voel hoe die kommer in haar opstoot. “Henk…? Is…is daar iets verkeerd?” vra Lanie nou baie bekommerd, want aan die uitdrukking op Henk se gesig kan sy sien dat daar iets fout is. “Um ja, Lanie, dis die uitslag van jou bloedtoetse wat ons gedoen het.” Dan gaan Henk langs Lanie op die bed sit, en probeer om sy gedagtes te orden sodat hy die nuus aan haar kan vertel sonder om haar te veel te probeer ontstel. “Lanie, ek wil he dat jy nou mooi na my moet luister, en onthou die medies het so ver gevorder dat enige iets moontlik is.”
”Henk se net vir my wat is fout met my. Ek besef al vir n geruime tyd dat daar iets fout is met my maar ek weet nie wat nie..” eindig Lanie lamlendig. “Lanie…die bloedtoetse se dat jy Leukemie het….” en Henk hou haar fyn dop. Henk kan sien hoe haar oe verwilderd raak, en hoe sy versteen, sy trek haar asem diep in en Henk kan sien dat die trane in haar oe opwel. “Lanie, liewe Lanie, ek is jammer, ek gaan alles in my vermoe doen om jou gesond te maak,want…” en dan besef Henk dat hy amper te veel gese het, hy dink nie dat sy nou reg is om die nuus van sy liefde vir haar ook te verwerk nie. Hy moet haar eers geleentheid gee om vrede te maak met die nuus van haar gesondheid. Die arme vrou, hoeveel moet sy nog verduur? “Mag ek so bietjie alleen wees Henk?” vra sy en die trane rol sag oor haar wange. Henk kan nie help om haar innig jammer te kry nie en hy wens dat hy haar in sy arms kan neem en die seer en skok wat sy nuus gebring het kan weg troos. Maar Henk besluit om haar wens aan haar toe te staan, hy staan op sit sy hand sag op haar arm gee dit n ligte drukkie en stap dan by die deur uit. Dit voel vir Henk asof die wereld stil staan. Hoe gaan hy hierdie meisie met die mooi blou oe weer heel kry? Hy stap by die hospitaal personeel verby sonder om eers in een van hulle se rigting te kyk. Hy weet nie wat hom nou te doen staan nie. Hy weet een ding verseker, wanneer Lanie haar tydjie alleen gehad het, sal hy na haar toe gaan en haar nooit weet alleen laat vir een oomblik nie. Hy sal daar wees vir haar deur hierdie hele ding. Sy foon lui en hy antwoord:”Dr van Staden, goeiemore” “Dokter van Staden, dis Lucas hier. Ek wil net graag weet hoe dit met Lanie gaan? En wanneer kan sy huis toe kom?” Henk voel hoe die wrewel in sy binneste teenoor hierdie man begin kook. “Lucas, ek is eintlik bly jy het gebel, jy sien sake staan so, Lanie gaan vir n wyle in die hospitaal moet bly, sy is glad nie gesond nie. Wanneer kan jy my kom spreek? Ek is juis nou oppad spreekkamers toe, kan jy my so oor n uur kom sien?” “Ja dok as dit dan moet dan moet dit seker. Sien jou oor n uur.” Dan is dit stil in Henk se oor. Hy kan nie besluit wat hy wil doen nie, eending weet hy verseker as hierdie Lucas beter agter Lanie gekyk het kon hulle haar lewe dalk bietjie makliker gemaak het en bietjie verleng het. Wat hy nie vir Lanie gese het nie, is dat die kanker wat sy het in n gevorderde stadium is. Sy het omtrent niks meer rooibloedselle oor nie. Die wittes het omtrent alles opgeeet, en sy sal defnetief n bloed moet kry.Hy sal dit sommer nou van sy spreekkamer af reel. “More Suzette” is al wat Henk se toe hy verbystap. “More dokter, nog niemand vandag geboek nie” las sy sommer by want sy kan sien dat Henk glad nie in n goeie bui is nie. Sy wonder hoekom.
“Sonja? Dis Dr van Staden, Lanie wat gisteraand ingekom het, moet asb bloed kry, kyk in haar leer, is haar bloed groep neergeskryf en dan reel jy dit asb vir my? Ek sal bietjie later weer inloer. Dankie hoor” “Goed so dokter, ek doen dit dadelik.” Dan sit Henk net en staar voor hom, hy is geroep om n dokter te wees en hy het nog altyd geglo dat hy n goeie een is, maar hier sit hy vandag met een groot probleem wat hom in die gesig staar. Die vrou wat hy liefgekry het nog voor hy geweet het wat haar naam is, het bloedkanker, en hy, die goeie dokter van Staden, kan niks doen om haar gesond te maak nie. Hoekom moes hy n dokter word, as hy nie eers die vrou wat hy lief het kan red nie? Henk worstel met sy gemoed. Hy is n dokter en weet goed dat hy nie emosioneel betrokke moet raak by sy pasiente nie, maar hy kan dit nie help nie, hy het nie gevra om lief te wees vir Lanie nie, en hy het ook nie gevra dat sy kanker moet he nie. As hy haar moet verloor…. Henk wil nie eers daaraan dink nie, hy probeer dit weg redeneer, maar hoe harder hy probeer hoe meer weet hy wat die waarheid is. Hoekom het sy nie vroeer op sy pad gekom nie, dan kon n bloedoortapping haar dalk nog gered het en haar lewe verleng het, maar nou…..nou is dit te laat. Henk vryf moeg oor sy oe. Dan lui sy foon. “Ja Suzette?” “Mnr Nienaber om u te sien dokter” “Stuur hom deur dankie” “Goed dokter” Daar is n ligte klop aan Henk se deur. “Binne!” se Henk en sukkel om sy emosies onder beheer te kry. “Lucas, kom binne, sit” se Henk saaklik. “More dokter, nou ja wat is fout met Lanie?” val Lucas sommer met die deur by die huis in. “Lucas, ek wil he dat jy mooi moet luister wat ek te se het. Jy sien sake staan so. Lanie sit met twee gekraakte ribbes, van die sogenaamde val van die trappe af, maar ek en jy weet dat as sy wel van trappe afgeval het, sy nie net twee gekraakte ribbes sou gehad het nie, so kom ons speel oop kaarte en dan vertel jy my wat werklik gebeur het.” Se Henk nou duidelik kwaad en omgekrap. “Dok?” vra Lucas met groot oe. “Lucas dis nie al nie, daar is nog slegte nuus, maar eers wil ek die waarheid hoor?” “Dok sien dit was n ongeluk, ek het nie bedoel om haar seer te maak nie, ons het stry gekry en sy was histeries, ek wou haar net skrik maak sodat sy kan kalmeer, en toe klap ek haar per ongeluk te hard, sy verloor toe haar balans en val teen die trap reeling, en stamp toe haar ribbes. Sy het nooit gekla van pyn of iets nie so ek het nie besef dat sy so seer gekry het nie.” Se Lucas en Henk kan die vrees op sy gesig sien. “n Ongeluk hmm?” en Henk byt op sy tande om nie sy humeur te verloor nie. “Wat is die ander slegte nuus dokter?”
”Lanie het leukemie” en elke keer wat Henk die woorde uiter voel hy meer en meer magteloos. Lucas se oe rek. “Leukemie?”
”Ja Lucas, bloedkanker, in n gevorderde stadium!” en nou voel Henk dat hy buite beheer gaan raak. Hierdie man wat hier voor hom sit moet liewer loop voordat hy homself nie meer kan keer nie. “Wat beteken dit?”
”Dit beteken dat ons haar nie kan gesond maak nie, maar haar lewe vir haar lekker en gemaklik moet maak, soveel as moontlik, sy verdien om gelukkig te wees, al is dit net vir n klein rukkie, want op hierdie stadium weet ek nie hoe lank sy nog oor het nie. Ek gaan my bes probeer om dit so lank as moontlik te maak met behandeling, maar sy gaan meer in die hospitaal wees as by die huis” eindig Henk. “Ek verstaan dokter, ek sal nou na haar toe gaan en met haar gaan praat.”
”Lucas, Lanie het gevra om alleen te wees, gee haar tyd om die nuus te verwerk voordat jy na haar toe gaan, en Lucas, ek sal dit waardeer as jy vir Lanie omverskoning gaan vra oor jou klein ongelukkie wat haar twee gekraakte ribbes besorg het, en as ek ooit weer hoor dat jy soveel as n vinger lig teen haar, so help my, jy sal dan aan my moet antwoord.” En nou voel Henk dat sy bloed regtig kook. “Goed dokter” “En as jy my asb nou sal verskoon, ek het werk om te doen” se Henk kortaf, en raak dan besig met papiere op sy lessenaar. Lucas staan op en stap stil by die deur uit.
“Lanie? Slaap jy pop?” vra Lucas by die deur. Lanie draai net haar kop na hom toe maar antwoord hom nie. Hy stap binne en gaan langs haar bed op n stoel sit. “Lanie, ek is so vreeslik jammer my pop, jy weet dat ek jou lief het, en niks sal doen om jou seer te maak nie ne?” vra hy met groot oe. “Lucas” is al wat Lanie se, sy het nie regtig die krag of die wil om te praat nie. Sy het in die rukkie wat sy alleen was besef dat haar lewe verby is, haar kort ongelukkig lewe is verby, en sy het nie eers die geleentheid gehad om te trou en kinders te he saam met n man wat haar lief het nie. As klein dogtertjie in die weeshuis het sy altyd gedroom oor die dag dat sy groot is en iemand haar sal lief he en haar sal kom haal, haar wegvat na n sprokies land en met haar sal trou, en dat hulle verewig gelukkig sal wees……. “Lanie, as jy eerder alleen wil wees…” “Asb Lucas, ek verkies dit so” dan draai sy haar kop weg en die trane rol weer stil oor haar wange, en verdwyn in haar hare. Lucas staan op en steek by die deur vas, hy kyk om na Lanie, en stap dan vinnig en doelgerig by die deur uit.
Etlike minute later stap Henk by die deur in. Lanie le so stil op die bed dit lyk asof sy slaap. Sy is nog baie bleek, en hy sien nie dat hulle vir haar bloed gee nie. Dan stap hy vinnig by die deur uit, reguit na Sonja toe. “Sonja ek het ure gelede al gevra dat julle vir haar bloed moet gee, hoekom sien ek nog niks nie?” vra hy kwaai. “Dokter, ek is besig om bloed te soek vir haar, sy het n baie skaars bloedgroep en die bloedbank het niks in voorraad nie.” Eindig Sonja senuagtig, want uit ondervinding weet sy dat jy nie met dokter van Staden se pasiente speel nie, en ook nie draai met iets wat hy voorgeskryf het nie. “Sonja? Wat is haar bloedgroep?” “AB positief dokter” antwoord sy. “AB positief, um ja dit is skaars, ek is ook AB positief, kry vir my alles reg ek gaan net gou my hande was, dan sal ek vir haar bloed skenk.” “Dokter?” vra Sonja. “Jy het my gehoor Sonja, en maak asb gou ek het nie tyd om te verspil nie, daai vrou moet dadelik bloed kry, en ek kan nie wag nie”
”Goed dokter” is al wat Sonja se want sy weet dat dit niks sal help om met Henk te stry nie. Etlike minute later le Henk op die bed in die kamer langsaan met n naald in sy arm, sodat Lanie kan bloed kry, sy bloed. Hy is dankbaar dat hy darem iets kan doen wat haar so bietjie sal help. Die arme vrou, hy kan nie eers begin om te dink hoe siek sy moes gevoel het nie, en Lucas het nie eers gedink om haar by n dokter te kry vir toetse toe sy so bleek en siek en moeg moes gewees het nie. Die Vader alleen weet wat sy alles moes deur maak, en die storie dat sy per ongeluk teen die reeling geval het, glo hy nie vir een minuut nie, maar die waarheid sal uit kom en as hy uitvind dat hy haar opsetlik seer gemaak het, sal hy sy nek persoonlik vir hom gaan breek….
Later nadat Henk klaar vir Lanie bloed geskenk het, en sy die bloed deur middel van n drip kry, loer hy weer by haar in. Sy lyk al klaar bietjie beter, dis asof sy besig is om weer kleur in haar wit wange kry.
“Lanie, meisie? Slaap jy?” vra hy sag. “Nee ek is wakker, hallo Henk” en sy glimlag vir hom. “Lanie wanneer jy beter voel moet ons praat, ek het iets wat ek aan jou moet vertel” se Henk en hoop dat hy die regte ding doen. “Henk?” vra sy grootoog, “moet net nie vir my se dis nog slegte nuus nie, ek dink nie ek kan dit hanteer nie” “Nee my meisie, ek dink nie dis slegte nuus nie” glimlag hy en knip oog vir haar. Hy kan nie beskryf wat hierdie vrou aan hom doen nie. Sy lyk so weerloos hier waar sy le, en hy het haar so innig lief, en nou gaan hy haar nog verloor ook. Hoekom moet die lewe so wreed wees. “Wat is dit Henk? Praat met my?” “Lanie, is jy seker? Wil jy nie eers nog so bietjie rus nie? Ek kan later ook met jou praat. Ek se jou wat rus jy nou eers goed uit, en vanaand wanneer ek weer kom dan kan ek en jy lekker gesels. Reg so?”
”Dis reg so Henk, daar is iets wat ek jou ook wil vertel” “Lekker slaap my meisie, ek sien jou later” se Henk sag en druk dan n soentjie op haar hand. Lanie le met haar oe toe, toe Henk by die kamer uitstap.
“Lanie? Is jy wakker nooi?” vra Henk sag toe hy by die kamer instap. “Ja Henk ek is wakker, ek het vir jou gele en wag” antwoord Lanie en glimlag vir Henk. “Hoe voel jy nou?” “Onder omstandighede, beter dankie, ek is nie meer so moeg nie, ek voel uitgerus, en weer lus vir die lewe..” se Lanie en dan vertroebel haar oe toe sy onthou dat sy nie meer veel van dit oor het nie. “Ek is baie bly as jy beter voel, dis te danke aan die bloed wat ons vir jou gegee het. Jy het niks meer rooi bloed selle gehad nie die telling was baie laag daarom dat jy nou die aand flou geword het, en daarom dat jy so moeg gevoel het” glimlag Henk vir haar terwyl hy stelling op die bed by haar inneem. “Henk jy wou met my gepraat het, jy het gese dat jy vir my iets moet vertel, wel ek luister” se Lanie en maak haarself gemaklik teen die kussings. “Nee, my meisie dames eerste, jy het gese dat daar iets is wat jy my ook wil vertel, wel ek is die ene ore” se Henk en skuif ook reg op die bed. “Henk, dit wat ek jou nou gaan vertel wil ek graag he jy moet weet omdat ek jou vertrou, en omdat ek dit nie meer langer vir myself kan hou nie. Jy was goed vir my, en ek voel dis jou reg om die waarheid te weet.” “Ja Lanie, ek is baie bly omdat jy voel jy kan my vertrou, want ek sal nooit ooit iets in my lewe doen om jou te benadeel nie, en nee ek was nog nie goed vir jou nie, ek wil graag wees, want…” en dan swyg Henk weer en besluit om haar eers klaar te laat praat. “Henk ek het vanmiddag by Sonja gehoor dat jy vir my bloed geskenk het omdat daar nie voorraad was by die bloedbank nie. Ek is dankbaar daarvoor, ek weet nie hoekom jy dit vir my gedoen het nie, maar dankie, ek waardeer dit. Ek besef ook dat ek seker nie meer lank het om te lewe nie, daarom voel ek dat ek jou die waarheid moet vertel. Jy sien dit het alles begin die dag toe Lucas by die weeshuis opgedaag het, op soek na iemand om “aanteneem”. Van almal het hy my gekies, ek het nie van die man gehou nie, maar hulle het dit nietemin toegelaat dat hy my weg neem. Hy het ook nie nodig gehad om my dadelik aan te neem nie omdat ek toe reeds sestien jaar oud was, en dit haas vir my tyd geword het om die enigste tuiste wat ek nog ooit geken het te verlaat. Die kinderhuise is oorvol en wanneer jy sestien word moet jy uit en jou eie potjie gaan skrop. Ek was dankbaar dat ek nou n plek sou he om te bly, en Lucas het ook belowe om my te help om werk te kry. Ek sou vir sy firma gaan werk. Ek het toe ook en was baie gelukkig in die begin. Ek het n pragtige kamer in n groot huis gehad, daar was bediendes wat die huis skoon gemaak het, en ek kon konsentreer op my werk. Lucas het my aangestel as sy persoonlike assistent, en ek het my werk geniet, nie lank nie of alles het in my lewe verander. Jy sien ek was die een aand saam met hom na n skemer partytjie by een van sy aanstaande “kliente”, en dis waar alles toe verander het. Die klient was besig met onwettige transaksies, en Lucas sou spanne geld maak met hierdie klient. Jy sien al wat ek moes doen is om te sorg dat die voorraad veilig oorsee kom. Ek moes dit deur die doeane vat by die lughawe.”
”En wat se voorraad was dit meisie?” vra Henk maar hy het klaar lont geruik. “Dwelms. Maar natuurlik wou ek dit nie doen nie, want ek het geweet wat die risiko daaraan verbonde is, en ek het ook geweet dat ek nie met dwelms en dwelm base deurmekaar wou wees nie. Ek het geweier, en dit was toe die eerste keer dat Lucas my….my geslaan het. Hy het vir my gese dat hy my nie n keuse stel of ek dit wou of nie wou doen nie. Hy het my nie gevra nie hy het my soort van beveel. Ek het besef dat ek baie aan Lucas verskuldig was, maar ek was nogsteeds nie bereid om dit te doen nie. Hy het gedreig om my op staat uit te sit en vir die polisie te vertel dat hy my gevang het met dwelms. Ek was bang, en het nie geweet wat om te doen nie.”
”Meisie? Wat vertel jy my nou?” vra Henk uit die veld geslaan. “Sjuut Henk, laat ek klaar praat voordat my moed my weer begewe en ek nie weer kan praat nie.” “Goed meisiekind, praat verder ek luister geduldig” maar Henk kan voel hoe die haat en wrewel vir Lucas in hom groei. “Jy sien Henk, hy het my toe soort van gedwing om te doen wat hulle wou gehad het ek moes doen. Ek het nie n keuse gehad nie, en hy het net die volgende dag vir my n vliegtuig kaartjie gekoop London toe. Jy sien die afset punt was daar, en as ek dit kon reg kry om die goed veilig af te sit aan die ander kant was daar vir my n meevallertjie wat wag wanneer ek terug kom. Ek was so bang my bene het gebewe en ek het gevoel hoe my tande behoorlik op mekaar klap toe ek deur doeane gaan met die goed veilig in my tas versteek. Ek het dit toe ook reggekry om die goed veilig aan die ander kant af te lewer en twee dae later was ek weer met die vliegtuig op pad terug huis toe. Ek was bly want ek het gedink dat dit nou ten minste verby is. Ek kon weer slaap en eet, ek het weer soos n mens gevoel. By die huis aangekom, was Lucas baie bly om my te sien en ek het begin dink dat hy werklik vir my omgee, maar nou besef ek dat hy eintlik net bly was om my te sien omdat hy toe al besef het dat hy my weer en weer op dieselfde manier kon gebruik. Hy het my natuurlik n paar rand in die hand gestop vir die werk wat ek gedoen het. Ek wou dit eers nie vat nie want ek wou nie deel wees van enige onwettigheid nie. Ek was jonk en my lewe het nog voor my gele. Ek wou trou en kinders he en vir ewig gelukkig wees, maar dit was my nie beskore nie. Jy sien nadat ek dit die eerste keer suksesvol afgehandel het, het Lucas en sy “klient” my twee tot drie keer n maand oorsee gestuur, om dieselfde te gaan doen. Ek het elke keer na n ander bestemming gevlieg en nooit geweet wie my aan die anderkant by die lughawe sou kom haal nie. Ek het ook nooit geweet waarheen ek gaan voordat ek op die lughawe was en in die vliegtuig moes klim nie. Eers dan het ek geweet waarheen ek oppad was. So jy sien ek kon ook nie die polisie laat weet nie, want Lucas het my in die duister gehou, en my altyd gedreig dat hy my lewe hel sou maak as ek of hy gevang word, of as enige iemand iets sou vermoed. Hy het my selfs gedreig met die mense by die weeshuis. Hulle was vir my soos n familie, dis al wat ek in my lewe gehad het, en hy het gedreig om die weeshuis moeder te….te vermoor as ek enige iets sou probeer om hom te stop. Ek was bang dat hy dit regtig sou doen, want ek het toe gereeld pak gekry by hom. Elke keer wanneer iets hom ontstel het, of hy kwaad was vir iemand moes ek reg staan om sy frustrasie houe te ontvang. So jy besef seker ook nou dat ek nie regtig by die trap afgeval het nie. Hy was kwaad omdat een van sy transaksies deur die mat geval het, en het dit toe op my uitgehaal. Hy het my so hard geklap dat ek werklik my balans verloor het, en voor sy voete op die vloer te lande gekom het, al wat ek kon dink om te doen was om vir my gesig te keer, en toe het hy my geskop, al in my ribbes, ek het die pyn deur my lyf voel gaan maar ek was magteloos ek het net daar gele totdat hy gekalmeer het. Ek weet nie eers hoeveel keer hy my geskop het nie, ek het ophou tel, want die pyn was naderhand so erg dat ek dit nie eers meer kon voel nie. My liggaam was dood.” En terwyl Lanie vir Henk vertel, rol die trane saggies oor haar wange. “Ek wil nie he dat jy my moet jammer kry nie Henk, want dit is my eie domheid, ek moes die eerste keer al polisie toe gegaan het, maar ek was te dom en te bang.”
”My meisie…hoeveel pyn moes jy nie verduur nie” se Henk met innigheid in sy stem en neem haar hand in syne. Hy hou styf maar teer vas. Hy sien hoe die trane steeds saggies oor haar wange rol en met sy ander hand vee hy die trane teer van haar wange af. “My meisie, vertel my alles,jy is nou veilig hier by my en ek sal nie toelaat dat hy jou weer seer maak nie ek belowe.” “In ieder geval het dit vir maande so aangegaan en naderhand was ek so vasgevang in sy mag dat ek niks kon doen nie, ek moes maar gedwee my tassies pak wanneer hy n versending gehad het. Die aanrandings het naderhand te veel vir my geword, en ek het al die geld wat hy my betaal het om die dwelms vir hom oorsee te vat in n aparte rekening gespaar waarvan hy nie geweet het nie. Eendag het ek net genoeg gehad en is toe bank toe, ek het al die geld gaan trek wat ek in die hande kon kry, en toe alles mooi beplan. Ek het gewag daardie aand totdat hy slaap toe het ek my persoonlike besittings gepak en stadig by die trappe afgesluip. My hart het so vinnig geklop dat ek bang was iemand hoor my. Toe ek uiteindelik onder in die straat staan met my sak oor my skouer het dit vir my gevoel asof ek n groot misdaad pleeg. Ek was besig om weg te hardloop. Ek het myself in n hotel gaan inboek, onder n vals naam, en gehoop en bid dat hy my nie sou kry nie, want dan sal hy my seer sekerlik dood maak. Ek was bang Henk, maar ek was nog banger dat die polisie my sal vang met al die dwelms wat ek hom help smokkel het. Ek het ook besef dat ek nou vir die res van my lewe sal moet weghardloop van hom af, want hy het verskeie kere gedreig om my te soek as ek sou besluit om weg te hardloop en dan sal ek dit berou het hy altyd gese. Ek het dit reggekry om vir n tydjie lank weg te kruip in die hotel, maar het toe begin moeg raak om vier en twintig uur tussen vier mure opgehok te sit, ek het ook besef dat ek sou moes werk kry want my spaar geldjies het nou vinnig klaar geraak. Ek het toe besluit om stad toe te gaan. Ek wou gaan kyk of ek nie werk kon kry nie, verkieslik in n ander stad of dorp ver weg van hier.” En toe besef Henk dat dit seker die dag moes gewees het wat hy haar die eerste keer gesien het. “Ek kon nie werk kry nie, dit was skaars, maar ek het aanhou hoop en glo dat ek more dalk iets sal kry. Ek kon nie regtig deur die dag op straat wees nie ek was te bang en het gedurig oor my skouer geloer wanneer ek wel uitgekom het. Daarom het ek toe maar besluit om elke aand wanneer die son begin sak op die strand te gaan stap net om van alles te probeer vergeet. Die kanse dat Lucas my op die strand sou kry is skraal, want hy hou nie van die see en strand nie.” En Henk weet dit is waarom sy elke keer met sonsondergang op die strand gestaan het en dan soos mis voor die son verdwyn het. “Ek was gewoonlik nie lank op die strand nie, en het maar probeer wegkruip wanneer ek weer in die straat moes stap terug hotel toe. Eendag het ek weer soos gewoonlik op die strand gestaan, en toe ek omkyk was een van Lucas se mense wat vir hom werk by my, hy het my aan die arm beetgekry en my so te se na sy motor toe gesleep, Lucas was briesend toe ek by die huis aan kom en het my weer geslaan en geskop, ek reken dis toe hy my ribbes gekraak het. Jy sien Henk ek moes dit nou net alles vir jou vertel sodat iemand weet waarmee Lucas besig is. Hy is besig om baie jong kinders en mense se lewens te verwoes met die dwelms waarmee hy smokkel. Dit maak nou nie meer saak wat hy met my doen nie, want ek is inelkgeval aan die einde van my paadjie. Ek was al vir n geruime tyd so siek en tot die dood toe moeg, maar Lucas wou nie he dat ek moes dokter toe gaan nie, want hy was bang dat ek sal breek en alles aan die dokter vertel. Henk, hy het my vier en twintig uur opgepas, ek kon nie eers alleen stad toe gaan nie. Hy het my behoorlik gevange gehou in sy huis, en wanneer hy n versending gehad het, het hy vir Arnold, dis die man wat my op die strand gekry het, saam met my gestuur om seker te maak ek praat met niemand voordat ek op die vliegtuig is nie. Ek het dit n paar keer oorweeg om nie weer terug te kom huis toe nie, maar aan die ander kant het mans my by die lughawe kom haal, en weer seker gemaak dat ek veilig op die vliegtuig oppad terug is, waar Arnold dan weer vir my aan die kant gewag het. Daar was geen wegkom kans nie. Selfs wanneer ek gaan bad het, het Arnold voor die deur gewag, totdat ek klaar was en dan weer voor my kamer deur waggehou. In die nag was Arnold vervang met Dewald en so het dit dan gekom dat ek soos n gevangene was. Die aand van Dr Langefeld se partytjie was weer die eerste keer in weke wat ek uit die huis uit gelaat was. Ek wou nie saam gaan nie, maar Lucas het daarop aangedring, en ek het nou al van beter geweet as om my tee te sit. Ek wil he dat jy na my dood na die polisie moet gaan, ek sal alles wat ek jou nou vertel het uiteensit op papier, soos in n verklaring, en na my dood moet jy seker maak dat Lucas kry wat hom toekom, ek sal ook in my verklaring vir die polisie name en adresse gee, wat hulle sal help om hom vas te trek, belowe my Henk?” vra sy met afwagting in haar oe.
”Meisie, ek sal dit sommer nou vir jou doen” se Henk, maar voordat hy verder kan praat maak Lanie hom stil. “Nee Henk, jy moet my belowe dat jy dit eers na my dood sal doen, ek wil nie eers daaraan dink wat Lucas aan my sal doen as hy moet weet dat ek gepraat het nie. Al sou hulle hom skuldig bevind en toesluit sal hy iemand hier buite kry om my te vermoor, asb Henk belowe my jy sal dit eers doen wanneer ek nie meer daar is nie. Ek het niemand anders wat ek dit voor kon vertel of kon vra nie ek was te bang, maar met jou is dit anders, ek weet ek kan jou vertrou.” Eindig Lanie en Henk kan die vrees in haar mooi blou oe sien. “Goed Lanie, ek belowe, ek sal seker maak dat Lucas kry wat hom toekom vir dit wat hy alles aan jou gedoen het, maar my meisie daar is nou iets wat ek jou ook moet vertel.” Se Henk en druk n soentjie op haar hand wat koud en bleek nogsteeds in syne rus. “Ja Henk, ek luister” se Lanie en Henk kan die afwagting in haar stem hoor. “Lanie, ek het een middag in n restaurantjie gesit en koffie drink soos wat my gewoonte was vir baie jare nou al dis n instelling dat ek elke middag daar gaan koffie drink. Ek het deur die venster sit en staar toe ek jou aan die oorkant van die pad opmerk. Jy het dadelik my oog gevang, en ek het besef dat ek net doodeenvoudig moes weet wie jy is, en waar jy vandaan kom, ek het opgespring en by die restaurant uitgestorm sonder om my rekening te betaal, maar buite het jy net spoorloos verdwyn, ek kon jou nerens sien nie. Net daar en dan het my lewe heeltemaal verander, jy het my hele denkwyse oorheers, ek moes net na jou soek. Ek het die hele middag in die straat rondgedrentel op soek na jou maar kon jou nerens vind nie. Toe het ek jou weer op die strand sien staan, terwyl ek op my balkon gestaan en staar het na die see, en weereens het jy soos n groot speld verdwyn voordat ek by jou kon uit kom. Ek wou van my verstand af gaan, en het naderhand begin glo dat ek dinge sien wat nie werklik bestaan nie, want elke keer was jy daar maar wanneer ek na jou toe wou gaan het jy verdwyn. Ek kon dit nie verstaan nie, dit het my slapelose nagte besorg. Maar nietemin het ek elke dag oral waar ek gaan altyd na jou gesoek. Die dag toe Arnold jou op die strand aan jou arm beetgekry het was ek daar, ek was oppad na jou toe, toe ek sien dat hy besig was om jou teen jou sin oor die sand agter hom aan te sleep, ek het geskree en geroep maar die wind het in die verkeerde rigting gewaai en julle kon my nie hoor nie. Ek het so vinnig as ek kon agter julle aangehardloop, maar ek was net betyds om te sien hoe julle met skreeuende bande in sy BMW wegjaag, en dit was die laaste, ek het jou nie weer op die strand gesien nie en maak nie saak hoe hard ek na jou gesoek het nie ek kon jou nie vind nie. Lanie ek het nog nooit ooit in my lewe so oor iemand gevoel soos oor jou nie. Nog voordat ek jou naam geken het, het ek geweet dat ek jou lief het met my hele hart en siel en dat ek my lewe lank vir jou gewag het, en nou het jy bly verdwyn. Dit het my amper waansinnig gedryf, ek kon nie in die aand slaap nie en kon nie op my werk konsentreer nie, ek was besig om weg te kwyn omdat ek die liefde van my lewe gevind het maar ook op dieselfde tyd weer verloor het.”
”Henk?” vra Lanie verbaas en die trane rol nogsteeds oor haar wange.
”Sjuut my meisie, laat ek klaar praat, ek moet dit uit my sisteem kry, ek kan nie meer langer stil bly nie. Die aand van Dr Langefeld se partytjie het ek nie lus gehad om te gaan nie ek wou eerder op die strand staan waar ek jou elke keer gesien het en vir jou wag, maar ek kon dit nie doen nie want maande voor ek van jou bestaan geweet het, het ek die uitnodiging al aanvaar, so noodgedwonge het ek toe maar gegaan maar besluit om nie lank te bly nie. Hoe bly was ek nie dat ek tog wel partytjie toe gegaan het die oomblik toe ek jou aan die oorkant van die saal sien nie. Ek het eers stil gestaan en my oe n paar keer geknip om seker te maak dat ek nie weer spoke sien nie, en toe ek besef dat my oe my nie bedrieg nie het ek so vinnig as wat ek kan op julle afgepeil. Ek het gesien dat Lucas jou aan die arm beet het, en dat jy baie gespanne was, die volgende oomblik het jy inmekaar gesak en ek was net betyds om jou te red van n val. Ek kon nie glo dat ek jou uiteindelik gevind het nie, ek is so jammer omdat al hierdie dinge met jou gebeur het Lanie, as ek die horlosie kon terug draai, sou ek jou die gelukkigste vrou op aarde gemaak het, want sien Lanie ek het jou lief met my hele hart en siel, en ek belowe jou as jy my net n halwe kans gee, sal ek jou beskerm teen al die Lucasse en Arnolds van die lewe, en niks en niemand sal jou ooit weer skade aandoen vir so lank as jy lewe nie.” Eindig Henk en dit klink maar vir hom lamlendig. “Henk?” vra Lanie en nou rol die trane vrylik oor haar wange, en toe skeur daar n rou snik deur haar bors. “Lanie, meisie moenie huil nie ek is hier,” se Henk en trek haar tot in die beskermende kring van sy arms.
”Henk, jy verstaan nie, ek is besig om dood te gaan, en ons liefde sal nooit kan wees nie, dit sal onregverdig wees teenoor jou, as ek jou sou toelaat om my lief te he, want ek sal nie vir jou die vrou kan wees wat jy verdien nie, ek is siek en aan die einde van my pad…” snik Lanie. “Lanie, moenie dit se nie my meisie, ek het jou lief en my liefde sal jou deur hierdie ding dra, saam sal ons n manier vind om deur dit te kom, ek sal reel vir jou vir n bloedoortapping, en dan vat ons dit dag vir dag vandaar af, asb se jy sal my net n kans gee om jou gelukkig te maak” pleit Henk nou behoorlik by Lanie terwyl hy haar styf in sy arms vas hou en haar kop teen sy bors rus. “Henk ek wens ek kon, maar ek is nie jou liefde waardig nie” snik sy. “Lanie moenie dit se nie want jy is elke grieseltjie liefde en geluk werd, en nog meer, ek is net bang dat ek jou gaan verloor” “Henk! Henk! Kyk na my” se Lanie en stoot hom van haar af weg sodat hy vir haar kan kyk. “Luister wat jy se Henk. Ek is besig om te sterf en niks wat jy doen of se gaan dit verander nie, ek het nie meer lank oor nie, en ek kan dit nie van jou verwag om my op te pas totdat….totdat..” maar Lanie kan haarself nog nie kry om die woorde weer te uiter nie. Dit klink nog so hard en onwerklik, die dood is so finaal, en niks kan dit verander nie. Sy het nog altyd geweet dat sy eendag ook soos haar ouers moet dood gaan maar sy het nie daarop gereken dat dit so gou sou wees nie. “Lanie, moenie dit se nie my liefste, ek het jou lief en dit is al wat nou saak maak,” dan lig Henk haar ken met sy wysvinger op en kyk haar diep in die oe.
”Jy is die mooiste, mooiste mensie wat ek nog ooit in my lewe aanskou het, ek het jou lief, hoor jy wat ek se ek het jou lief, en niemand gaan iets daaraan verander nie, mag ek jou maar lief he mooiste?” vra Henk nogsteeds met sy vinger onder haar ken. “Henk…” snik Lanie en die trane rol nogsteeds oor haar wange, dan trek Henk haar nader en sy lippe rus sag op hare, sag en teer asof hy bang is sy sal breek as hy te hard aan haar vat. Sy sit vir n paar sekondes roerloos terwyl sy lippe op hare rus, en dan stoot sy hom weg, en kyk verskrik op. “En wat is hier aan die gang?” vra Lucas agter Henk. “Kan jy nie sien nie Lucas, ek het vir Lanie gesoen” se Henk uitdagend. “Dit is nie eties vir n dokter om sy pasient te soen nie.” Smeul Lucas. “Ek is lankal van diens af Lucas, en Lanie was nie nou my pasient nie, maar n baie mooi jong dame, wat my hart verower het” se Henk sonder om te skroom, en voel lus om sy vuis in Lucas se keel af te druk, toe hy met n grynslag op sy gesig vir hulle staan en kyk. “Henk? los dit asb?” smeek Lanie en Henk kan die vrees vir hierdie man duidelik in haar oe sien. “Nee Lanie, ek het jou lief, en Lucas kan dit net sowel weet, ek wil he die hele wereld moet dit weet” se Henk. “O, ja doktertjie, jy dink jy kan sommer net so vir Lanie van my af wegvat, nee jy maak n fout, Lanie is myne ek het haar uit die weeshuis gaan haal, ek het na haar gekyk en vir haar gesorg, en sy sal myne bly totdat…totdat..” “Totdat wat Lucas, sy dood is?” vra Henk en die vonke skiet uit sy oe uit. “Ja totdat sy dood is” voeg Lucas by. “Nee my vriend jy maak een groot fout, Lanie het lank genoeg swaar gekry, en sy was lank genoeg siek sonder dat jy haar vir behandeling geneem het, ek het nou my voet neergesit, en ek se sy gaan net hier bly totdat sy beter is en dan sal ek haar huis toe neem” se Henk “Jy haar huistoe neem? Jy sal nooit die eer he om jou voete by my hek in te steek nie doktertjie, daarvoor sal ek sorg, ek dink nie jy weet met wie jy te doen het nie” “Nee ek dink nie jy verstaan mooi nie Lucas, haar huis sal voortaan by my wees, ek het geen begeerte om my voete oor jou drumpel te sit nie, ek verafsku mense soos jy, en ek dink nie jy weet met wie jy nou te doen het nie.” Kap Henk terug. “Henk, asb, moenie…” smeek Lanie. “Ek is jammer meisie, maar ek gaan nie toelaat dat die man jou ontstel nie. Lucas sal jy asb Lanie se kamer verlaat en sommer ook die hospitaal voordat ek die sekuriteit kry om jou hier uit te smyt.” Grom Henk en Lucas kan sien dat hy nou op Henk se tone getrap het. “Ek sal loop, maar voordat ek loop wil ek net gou vir julle tweetjies iets se, ek sal seker maak dat jy nie weer een pasient kry nie doktertjie, en jy Lanie moet onthou wat ek vir jou gese het.” En dan swaai hy om en storm by die deur uit. “Henk!Henk! Hou my asb vas ek is bang” snik Lanie en Henk voel hoe haar hele lyfie bewe toe hy haar in styf in sy arms vas hou. “Moenie bekommerd wees nie my meisie, ek sal nie toelaat dat hy weer naby jou kom nie” troos Henk. “Henk jy verstaan nie, jy kan nie elke minuut hier by my bly nie ek is bang, dat hy iets aan my gaan doen” “My meisie, ek se mos ek sal dit nie toelaat nie, ek gaan nou dadelik reel dat ons jou oorplaas” se Henk ferm. “Waarheen Henk?” vra sy bekommerd. “Huis toe” glimlag Henk vir haar, en daarmee staan hy ook sommer op om die daad by die woord te voeg. N Paar minute later is Henk terug, ons wag net gou vir die ambulans, en dan is alles gereed, dit wat hulle hier vir jou doen kan ek by die huis ook vir jou doen, moenie bekommerd wees nie jy sal sien alles sal reg kom, my meisie, ek het jou gevind en gaan jou nooit weer laat gaan nie” dan rus haar kop weer teen Henk se bors. Lanie weet nie hoe lank sy so gesit het met haar kop teen Henk se bors nie, maar sy weet eending hier by hom voel sy veilig, en dan besef sy dis omdat sy haar lewe lank op n man soos Henk gewag het, maar nou is dit te laat noudat sy hom gevind het. Sy is besig om dood te gaan, keer die werklikheid weer na haar terug. Dan klou sy nog stywer aan Henk vas terwyl hy met sy een hand om haar lyf en die ander haar hare streel.
Maande het verby gegaan nadat Henk vir Lanie vertel het dat hy haar lief het. Sy bly hier by hom, en spandeer meeste van haar tyd op die balkon, staar net na die see. Lanie is nie gesond nie, maar na die bloedoortapping gaan dit so bietjie beter met haar, en hulle liefde blom. Henk is baie gelukkig en dra vir Lanie op sy hande rond. Sy is alles wat hy wil he, en begeer en kan nie in die middae gou genoeg by die huis kom om by haar te wees nie. Hulle sit ure in die aand na die sonsondergang en kyk en luister na die gedruis van die see terwyl hy haar verseker van sy liefde vir haar. Een aand sit hulle weer so…. “Lanie, daar is iets wat ek jou wil vra?” se Henk. “Ja my liefste jy weet dat jy my enige iets kan vra, en as ek dit vir jou kan doen sal ek” glimlag sy vir Henk. “Lanie meisie dis nou ses maande nadat ek vir jou daardie aand in die hospitaal vertel het hoe ek oor jou voel, vanaand wil ek jou vra om my vrou te word?” en dan sak Henk op sy kniee langs Lanie se stoel en hou n verloof ring na haar toe uit. Lanie snak na haar asem toe sy die groot diamant in die maanlig sien blink. “Henk? Is jy seker my liefste?” “Natuurlik is ek seker, dis wat ek die meeste in die lewe begeer, is om jou myne te maak, jy is al lankal myne, maar ek bedoel wettig” lag Henk. “Henk, ek weet nie wat om te se nie, wat van….wat van..my siekte?” vra sy onseker. “My liefste dierbare meisie, ek het jou gese my liefde sal jou sterk hou, en ons gaan nie nou daaraan dink nie ons gaan nou aan ons toekoms dink, ek het jou lief nes jy is en ek wil jou my vrou maak, sal jy met my trou?” vra hy weer. Lanie lag:”Ja Henk! Ja! Ek sal met jou trou want ek het jou net so lief. Dankie dat jy so goed is vir my en my vertroue in die mensdom weer sterk gemaak het” en dan versag haar oe. “Ek het jou lief my meisie, met my hele hart en siel” en dan sit Henk die ring aan haar vinger, trek haar saggies van die stoel af op en in die kring van sy arms in, dan sak sy kop vooroor en rus sy lippe saggies en teer op hare, en dan word sy soene al hoe meer dringend en passievol, totdat passie soos n vuur in hulle albei se binnestes brand, Henk raap haar gemaklik in sy arms op en dra haar na sy bed, hy le haar versigtig neer, en hulle word een in hulle liefde wat hoog brand…….
“En hoe gaan dit met my vroutjie?” vra Henk toe hy die trappies van die balkon opklim, en vir Lanie in die stoel sien sit. “Goed dankie Pappa” spot sy met Henk. Lanie is op haar laaste swanger met haar en Henk se baba. Hulle het dit nie so beplan nie, maar daardie aand toe hy haar gevra het om met hom te trou, het sy liefde vir haar so hoog gevlam dat dit nie anders kon nie. Henk is bekommerd oor Lanie want haar gesondheid is glad nie na wense nie, en met die swangerskap was sy meeste van die tyd in die bed, maar Lanie het positief gebly en uitgesien na die koms van hulle kind. “Kom sit hier by my Henk, ek wil met jou praat” se Lanie natdat Henk sy tas neergesit het en vir hulle sap ingeskink het. “Ja my vroutjie, wat is dit wat op jou hartjie rus?” vra Henk gemaak lig. “Ek is bekommerd Henk.” “Waaroor my liefste?” “Ek wil he dat jy my vandag n belofte moet maak.”
”Hoekom klink jy so ernstig my lief het daar iets gebeur?” vra Henk dadelik bekommerd. “Nee daar het niks gebeur nie, maar ek wil he dat jy my moet belowe om mooi na ons kind te kyk,nadat….nadat ek…..weg is” en Lanie sukkel nogsteeds om daai woorde hard te se. “My liefste, moenie…”
”Nee Henk ons moet daaraan dink, my uur glas loop nou vinnig leeg, en ek het meer tyd gehad en is so gelukkig, dis meer as waarvoor ek kon vra, ek is dankbaar vir elke dag wat ek het saam met jou, maar ek is bevrees, dit gaan nie meer lank wees nie, ek weet dit net” eindig Lanie en Henk voel hoe sy wange nat is van die trane wat stil daaroor gevloei het. “Ek belowe my liefste, ek belowe” dan sit Henk net stil met Lanie se kop wat teen sy bors rus. Hulle is so gelukkig hoe kan so iets ooit gebeur, hulle kind se geboorte is enige dag, en Lanie is die mooiste ding wat ooit met Henk kon gebeur het. Hy is nog nie reg om van haar afstand te doen nie. Hy wens hy kon vir ewig net so met haar in sy arms sit, en luister na die gedruis van die branders wat op die strand voor hulle breek en die sterretjies wat helder in die lug flikker………maar Henk weet dit is nie moontlik nie.
Henk was deur die hele bevalling by Lanie. Sy het dit moeilik gehad, want sy word so gou moeg, maar gelukkig is alles nou verby, en Henk kan net na die pragtige dogtertjie in sy arms staar. Sy is naas haar ma die mooiste entjie mensie wat hy nog gesien het. “Lanie” fluister Henk vir die baba dogtertjie wat rustig in sy arms le. “Jy is net so pragtig soos mamma, ek het jou net so lief my kleinste prinsessie, en ek sal jou, net soos mamma beskerm met my hele lewe” dan beweeg die baba in sy arms en hy plant n soentjie saggies op haar voorkoppie. Hy kyk na Lanie, sy le nog net so roerloos en slaap soos wat sy aan die slaap geraak het na die bevalling. Hulle het haar n inspuiting gegee, en die toetse wat hulle gedoen het na die bevalling wys dat haar rooibloedsel telling weer baie laag is. Sy het ook baie bloed verloor met die bevalling. Henk het weer vir haar bloed gegee, en bid net dat sy more sal beter voel. Sy het hulle dogtertjie nog net so vyf minute vas gehou en toe in die diep slaap verval. Henk bly die hele nag by die hospitaal, en gee self vir klein Lanie haar voedings elke vier ure. Hy is daar wanneer Jolandi haar droog maak, en hy dan sit hy sommer net met haar in sy arms en staar. Lanie slaap nog rustig. Haar asem haling is diep.
Die volgende oggend dou voor dag is Lanie wakker.
“My liefste? Henk?” roep sy saggies toe sy sien hy sit in die gemakstoel en slaap.
Henk se oe flikker ook.
“Goeiemore mamma, hoe voel jy vanmore?” vra Henk en die bree glimlag op sy gesig wys vir Lanie dat Henk gelukkig is.
“Het jy die hele nag daar geslaap?” vra Lanie verbaas.
“Hoe dink jy nou my liefste, het jy vir een oomblik gedink dat ek die twee mooiste liefste vroumense in my lewe alleen hier sal los?”
“Ja toe nou maar, ons is nou al ou getroudes, jy kan nou maar die vlei taal los Dr van Staden, waar is my dogter ek wil haar sien?” vra Lanie
“Seker Mev Dr van Staden, le jy net rustig dan gaan haal ek haar gou.” En daarmee verdwyn Henk by die deur uit.
Toe hy terug kom sit Lanie half regop teen die kussings. Die oomblik toe Henk by die deur instap met klein Lanie in sy arms, steek sy haar arms na hom uit.
”Kom hier mamma se klein liefling kind” fluister Lanie saggies toe Henk vir klein Lanie in haar mamma se arms neerle.
“Jy is so pragtig, het Pappa mooi na jou gekyk laas nag terwyl mamma gedoedoe het?” praat sy met die babatjie in haar arms.
Klein Lanie kriewel en trek dan haar mondjie om te begin huil.
“Ag nee, my liefie hoekom wil jy nou huil, mamma is dan hier by jou” se Lanie, en dan begin die baba huil.
Lanie troos so al wat sy werd is, maar klein Lanie hou nie op huil nie.
“My skat gee haar vir my?” vra Henk
Lanie hou haar na Henk uit, en die oomblik toe Henk haar in sy arms het, hou klein Lanie op met huil.
“Kan jy nou glo, sy is klaar verslaaf aan haar pappa, nes ek” spot Lanie, en Henk kan nie help om die trane in haar oe te sien nie.
“En hoekom nou die blink ogies my liefste?” vra Henk terwyl hy langs Lanie op die bed gaan sit met klein Lanie nogsteeds veilig in sy arms.
“Ag sommer net omdat ek so gelukkig is my liefste. Die prentjie wat ek voor my sien sal ek nooit ooit vergeet nie. Dis die mooiste mooi en dit maak my so gelukkig” fluister Lanie vir Henk, en Henk kan sien dat sy moeg is.
“My liefste ek gaan vir klein Lanie baba kamer toe vat, dan kan jy so bietjie rus ek kan sien jy is moeg. Ons kom net nou weer terug reg so?” glimlag Henk en druk n soentjie op Lanie se voorkop.
“Kom poplap ek en jy loop sodat mamma kan rus” Henk draai om by die deur en knip oog vir Lanie wat hulle agterna staar.
Later nadat Henk seker gemaak het dat klein Lanie gedrink het en veilig en droog in haar baba bedjie slaap, stap hy na Lanie se kamer toe.
Toe hy daar kom, le Lanie wakker op die bed. Sy is baie bleek, en Henk frons.
“Lanie my meisie? Voel jy sleg?” vra hy bekommerd, en vat dadelik die stetoskoop wat langs haar bed hang.
“Ek voel net moeg Henk, tot die dood toe moeg.” Sukkel Lanie om die woorde uit te kry. Dit voel asof sy nie asem het om te praat nie.
“Laat ek gou bietjie kyk,” en dan begin hy vir Lanie ondersoek. Haar hartklop is onreelmatig, en sy is koorsig, sy’s baie bleek enhaar asemhaling is kort en oppervlakkig.
“My liefste le jy net so ek gaan gou reel vir nog bloed vir jou.”
Dan storm Henk by die deur uit en op Jolandi af.
”Jolandi! Bring asb die goed hier na Lanie se kamer toe, dat ek vir haar kan bloed gee sy lyk glad nie goed nie, en bring vir my voltaren, sodat ek haar kan spuit sy het koors, ek gaan sommer langs haar le sodat die bloed van my af kan oor gaan na haar toe daar is nie nog tyd om dit eers in n houer te kry nie.”
“Goed dokter ek bring dit dadelik”
Maar toe Henk in die kamer kom, en hy na Lanie kyk, weet hy dat sy grootste vrees besig is om bewaarheid te word, hy is besig om haar te verloor.
“Lanie my liefling, ek gaan nou vir jou bloed gee, en in inspuiting, dan voel jy sommer net nou weer beter” probeer hy troos.
“Nee Henk, wag dit sal nie nodig wees nie. Ek is nie meer bang nie, ek is gelukkig en dis hoe dit moet wees, dis hoe dit bestem is om te wees. My tyd is op maar jou en klein Lanie se lewens le nog voor, jy moet mooi kyk na haar my liefste, en moenie vergeet om haar te vertel dat haar mamma haar baie lief het nie” fluister Lanie onsamehangend.
“Lanie! Nee, jy kan nie nou…..” probeer Henk keer, maar dan sien hy dat daar niks is wat hy kan doen nie. Toe hy in Lanie se oe kyk kan hy sien dat dit twee glase is waarin hy kyk, hy weet dat sy nie meer kan sien nie.
“Lanie, my liefling ek het jou lief, en dankie vir die wonderlikste tyd van my lewe, ek sal jou nooit ooit vergeet nie, en ek sal seker maak dat klein Lanie weet van haar mamma…” en dan vloei die trane vrylik oor Henk se wange.
“Ek het jou…julle…..lief…” en dan is alles stil.
Henk kyk verdwaas na Lanie, en die werklikheid het nog nie deurgedring na hom toe nie.
“Lanie ek het jou ook lief, so lief!” dan tel Henk haar in sy arms op, en streel haar hare terwyl hy haar soos n babatjie sus.
“Ek het jou lief, dankie vir klein Lanie, my liefste, dankie vir die mooiste tyd wat ek saam met jou gegun is” en dis hoe Jolandi vir dr van Staden kry toe sy die kamer in stap met die masjiene wat veronderstel is om bloed van sy are af na sy vrou sin toe te pomp.
“Dr van Staden?” vra sy toe sy nie mooi verstaan wat aan die gang is nie.
“Jolandi, dis nie meer nodig nie, Lanie is nie meer met ons nie, sy is weg en ek en klein Lanie het alleen agter gebly…..” se Henk en staar net voor hom uit.
Dan kom n ander verpleegster om die hoek met klein Lanie in haar arms.
”Dokter van Staden? Ek is jammer om te pla maar die kleinding het aan die huil gegaan en ek kan haar met niks stil kry nie” se sy.
Henk draai om le vir Lanie versigtig teen die kussings neer, en buk dan af en soen haar liggies op haar mond. Sy lyk so mooi dit lyk asof sy slaap.
Dan keer Henk weer terug na die werklikheid en hoor hy hoe klein Lanie huil dat dit klink asof sy nie asem kry nie. Hy draai na die verpleegster en vat klein Lanie uit haar arms.
”Pappa is hier kleinding, pappa is hier” fluister hy vir haar, terwyl hy haar styf teen hom vas hou, en dan is daar stilte, doodse stilte…………
skrywer: Monique Smith
