Evita Bezuidenhout is nou 88.

Sy is sedert 1981 in die openbare oog toe sy as Suid-Afrikaanse ambassadeur in Bapetikosweti die publiek se oor en oog gevang het. Sy het die dramas ervaar met die oorgang van die Nasionale Party na die ANC. Tannie Evita, steeds in die kombuis van Luthuli-huis, hou haar opinies versigtig vir haarself. Na ‘n swak SONA en met ons belangrikste algemene verkiesing wat in 2024 op hande is, kan sommige dinge egter net nie aan bande gelê word nie. Evita op 88 sal weereens bewys dat sy die nodige humor in ons demokratiese wildernis bring.

By Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville op 27 Maart om 20:30. Kaartjies is R220 en beskikbaar by 021 979 1911.

Evita Bezuidenhout
Evita Bezuidenhout

Lewer kommentaar

Leave a Reply