Wonderlike lewe of nie 15

 

Stuur jou verhale na bydraes by roekeloos.co.za

Dis ‘n week voor Malaika en Christo se troudag en Malaika is ‘n senuweewrak. Sy
hardloop gereeld na die naaste badkamer om op te bring, sy byt gereeld iemand se kop
af as daar net ‘n klein probleem of terugslag is, sy raak kwaad as Christo net ‘n bietjie te
veel soenerig of vatterig word. Christo weet dis normaal, maar partykeer wens hy die
troue kan net verby kom sodat Malaika haar ou normale self is.

Twee dae voor die groot dag kry Malaika ‘n verrassende oproep … Dis Teresse … Sy
bring goeie nuus …
“Hei jy! Hoor hier ek kan nie lank praat nie, maar ek’t baie goeie nuus!”
“Haai! Hel, maar dis ‘n verrassing! Watse goeie nuus het jy?” Sê Malaika verras.
“Ons vlieg vannaand terug S.A toe! Ek en Herman sal daar wees vir jou troue!” Sê
Teresse enthoesiasties.
“WAT! Is jy ernstig? Dis wonderlike nuus!” Malaika glimlag van oor tot oor.
“Jap, so is dit nog reg as ek jou maid of honor is? Oh ja … moet nog nie ver Christo sê
ons kom nie asseblief? Dit is ‘n verrassing vir hom.”
“Nee, dis reg so en ja jy kan nogsteeds wees, waar gaan julle bly?”
“Thanks! Jy’s ‘n pel duisend. Jong ek weet nog nie, seker maar by my skoonma – hulle.
Hoekom?”
“Oh okei, nee ek vra net. Julle is altyd welkom om by ons te kom bly vir die paar dae.
Ek en Chris het mos nou in ons eie woonstel ingetrek en ons het ‘n spaarkamer.”
“Dankie, ‘Laika. Dis baie gaaf van jou! Maar ek moet nou regtig gaan, Dinge hier gaan
mal en alles moet nog klaar kom, Stuur groete daai kant en sien jou more. Tata!”
“Kan nie wag nie, en stuur groete daar ook. Bye-bye.” Sy lui af.

Malaika voel sommer weer lus vir die lewe, maar voel haar voete pyn en sy gaan lê op
haar bed. Christo werk alweer laat, Dit gaan al vir die afgelope week so. Elke liewe
dag bel hy en sê hy werk laat. Hy het werk gekry by ‘n houtmeubelmaker en hy word
goed betaal.

Sy sluimer weg en na ‘n uur skrik sy wakker van iemand wat in die huis in kom. Seker
Chris wat inkom, dink sy en maak haar oë weer toe om verder te slaap.
“’Laika? Waar’s jy? Ek’t iets om vir jou te wys!” Roep Christo opgewonde.
“Hier in die kamer! Wat wil jy vir my wys?” Antwoord Malaika terug met haar oë toe.
“Kom kyk net!”
“Okei, okei ek kom!” Malaika staan met ‘n sagte kreun op en loop tot waar sy haar
verloofde se stem gehoor het.
Sy snak na haar asem toe sy sien wat in die klein voorportaal staan. ‘n Pragtige hout
babakot en ‘n tafel wat bedek is met oorgetrekte spons met laaie. “Chris, dis pragtig!Baie dankie!” Sy soen hom lank. “Hoe het jy geweet ek soek so iets?” vra sy verbasend.
“Ek ken mos my vrou teen die tyd al! Dit gaan perfek pas in die spaarkamer, net groot
genoeg vir die kamer. Ek het ‘n klein hangkas ook gemaak, maar dis nog nie honderd
persent klaar nie. Ek sal hom later volgende week of so laat kom aflewer.”
“Oeh jou ou doring! Dis hoekom ek so lief is vir jou! Jy is die enigste man wat my ooit
sal verstaan!” Sy soen hom weer.
Hy gee ‘n skelm laggie en trek sy skouers op. “Ek weet, en ek’t jou net so baie lief
‘Laika!” Hy druk haar styf teen hom vas en dan tel hy haar op en dra haar bed toe. Hy
trek sy hemp uit, maak sy jean se knoop los en gaan lê langs Malaika op die bed. Sy
gaan lê met haar kop op sy skouer en streel haar vingers oor sy sagte, ligblond
borshare.
“Hoe ver is alles gereël vir die groot dag?” vra hy saggies.
“Alles is klaar gereël my engel. Moet jy asseblief net nie laat kom nie. Jy het mos verlof
gevat vir oormore, né?”
“Ja my lief, en vir dié naweek ook. En ek sal nie laat kom nie, ek belowe.”
“Dankie, jy’s regtig ‘n ster!”
Kort voor lank raak hulle altwee aan die slaap, Malaika warm in Christo se arms gevou …

*

Dis die dag van die troue en almal is in rep en roer. Malaika is bekommerd omdat haar
hare ewe skielik nie wil reg staan nie en dinge by die onthaal saal het agter geraak
omdat die bloemiste verkeerde blomme gebring het.

Teen twee uur die middag stort Malaika in trane uit en bly kla die dag is ‘n totale ramp.
Malaika se ma het geen ander keuse gehad as om vir Christo te bel en sê hy moet
maar kom sodat Malaika net kan kalmeer.

Na 15 minute daag Christo daar op en toe Malaika hom sien vlieg sy in sy arms in en
huil kliphard.
“Kom nou, ruk jouself reg, alles is onder beheer. Ek’s hier en ek gaan jou nie laat gaan
nie. Jy lyk pragtig genoeg. Ek worry nie oor hoe jou hare lyk, en of jou rok pas of nie.
Ek het jou lief vir wie jy is en ek sal met jou trou, maak nie saak wat fout is nie.” Fluister
hy saggies in haar oor en sy klameer vinnig. Hy’s die enigste persoon wat haar so
vinnig kan kalmeer. Sy weet sommer hulle is bedoel vir mekaar. “En by the way … Ek
moet sê, jy lyk stunning in jou trourok met daai boepie van jou!” Sy glimlag en gee ‘n
klein laggie. “Ag man!” Sê sy saggies en druk hom stywer teen haar vas.
“Ek’s bly om te hoor jy lag darem weer, my kind.” Sê haar ma en sug van verligting.
“Ek moet gaan klaar maak engel. Sien netnou.” Sê Malaika saggies en druk haar kop
teen Christo se bors vas. Sy draai om en loop kleedkamers toe. Christo staan netso en
bewonder sy vrou.

Die troue is ‘n groot sukses en alles het volgens plan verloop. Christo is heeltemal uit
die veld geslaan toe hy sien dat Herman en Teresse by die podium vir hom staan en
wag. Die dag kon nie beter nie dink hy en Malaika lyk soos ‘n prinses uit ‘n sprokies
verhaal.

*

Dis vyf maande later en op die middag van 5 Junie, kry Christo ‘n oproep van die
hospitaal. “Meneer Venter? Dis doktor De Villiers. Ek wil u net in kennis stel dat u vrou,
Mevrou Venter so 5 minute terug opgeneem is in die kraam saal. Sy vra dat sy u wil
sien en dat u by moet wees met die geboorte.”
“Sjoe, dankie Doktor. Ek kom so gou as wat ek kan.” Hy lui af.

Christo jaag by die winkel uit, oppad hospitaal toe. “Engel, is jy darem oukei?” Vra hy
saggies terwyl hy Malaika se hare uit haar gesig vat en haar saggies op haar wang
soen.
“Ja ek is, dankie dat jy hier is. Ek wens net die kraam pyne kan nou ophou en dat ek
kan kraam en klaar kry!”
Hy lag saggies. “Ai, jy’s altyd te haastig né?” Hy vat haar hand in syne en sy druk hom
hard terwyl sy op haar tande kners….
Na ‘n halfuur het Christo en Malaika Venter ‘n pragtige baba dogtertjie. Sy’s mooi
gesond en sy’t baie baba vet aan haar.
“Kyk engel,” sê Malaika saggies met haar baba in haar arms, “Sy’t jou oë en hande.
Kom ons noem haar Stacey Smith” Malaika glimlag en Christo antwoord met ‘n knik.
“Ek dink dis ‘n pragtige naam, nes haar ma.” Hy soen Malaika lank.
Malaika en Stacey is daardie selfde dag ontslaan en hulle is nou ‘n gelukkige familie …

bydrae: Darius Nell

Lewer kommentaar

Leave a Reply