Wonderlike lewe of nie 2

HOOFSTUK II

Soos wat hy haar belowe het, gaan haal hy haar om halfses en hulle loop stadig skool toe. Hulle stop eers by die sportgronde om alleen te wees, maar toe kon hulle nie, aangesien daar ‘n funksie by die sportgronde is.

Petrie laai omtrent vir Christo met tikwerk, so toe kan hulle nie later as agtuur weg kom nie. Hulle kan toe in elkgeval nie iets doen nie, want Malaika moes al agtuur by die huis gewees het. Hulle hardloop na haar huis toe. Gelukkig bly sy en Christo in dieselfde straat, maar hulle bly ver van die skool af.

So hulle kan maklik bymekaar uitkom as hulle wou, maar haar ma is ‘n baie kwaai vrou en hy vat nie sommer kanse met haar of haar dogter nie. Malaika se ma is daardie tipe mens wat vir almal iets sal doen, maar is dieselfde tyd streng. Sy is kort en maer, met blonde hare en bruin oë. Waar Malaika nogal lank is met swart hare en groen oë. Sy het haar ma se lyf gekry, maar haar pa se oë en hande.

Christo sou nooit iets aan Malaika doen nie, in elkgeval nie iets wat haar kan seermaak of waarvan sy nie sal hou nie. Hy is te lief vir haar. Christo weet dat sy met Herman flirt. Hy het geen probleem daarmee nie, maar Herman moet net nie die verkeerde indruk kry nie. Christo kan baie aggressief word as dit by sy meisie kom. Hy sal haar beskerm teen dié wat haar wil seermaak, veral Retief Botha. Hy het haar te seergemaak.

Hy sal haar ook toelaat om haar eie ding te doen en soms sal hy haar bystaan. Hy wil nie heeltyd net speurder op haar speel nie, hy wil haar vry laat voel. Hy sal enige iets doen om haar gelukkig te sien.

Daardie aand sit hy voor sy rekenaar en werk aan sy berigte. Daarna moet hy nog Ekonomie huiswerk ook doen. Hy kom eers na twaalf in die bed.

Die volgende dag kon Christo skaars sy oë oophou. Hy doen wat Malaika doen, maar met baie min entoesiasme. Sy kom dit so na ‘n ruk agter tydens pouse toe sy wou vry. “En nou Chris? Hoekom lyk jy so?” vra sy hom.

“Ag niks om jou oor te worry nie. Ek’s net moeg, waar was ons laaste?”
“Christo, ek kan mos sien daar is iets fout, hoekom gaan jy nie siekeboeg toe nie. Ek dink dit sal jou goed doen om ‘n bietjie te rus.”

Hy stry eers daarteen, maar hou toe op. Malaika begin kwaad raak. Hy sal mos enige iets vir haar doen om haar gelukkig te hou.

Hy loop toe stadig siekeboeg toe, maar vat ‘n afdraai na die seunstoilette toe en gaan sit daar vir ‘n ruk. Dit stink later so dat hy na sy klas toe loop. Hoekom hy in die badkamer gaan sit het weet hy nie. Sy voete het hom soentoe gedra.

Die pouse klok lui en sy sien hom nêrens nie. Het hy huis toe gegaan? Of kruip hy weer vir haar iewers in die skool weg? Dit is wat hy deesdae doen. Vir haar wegkruip om met haar te speel. Sy hou toe op om na hom te soek en gaan vinnig terug klas toe.

Sy wil nie nog ‘n waarskuwing kry vir ‘laat kom vir klas’ ook nie. Toe sien sy hom daar sit, bleek, asof al die lewe uit hom gesuig is.

Sy hardloop na hom toe. “Chris! Kyk hoe lyk jy! Ek dog jy is siekeboeg toe?” “Ek was nie lus vir die siekeboeg nie …” sy los hom toe uit. Sy wil hom nie onnodig kwaad maak nie. Sy gaan sit langs hom in die leë bank en hou sy hand vas.

‘n Afkondiging kom deur, eers ‘n skreeu geluid wat die hele klas stil maak. Toe kom die sekretaresse se stem deur die interkom. “Die ‘Skinderbekredaksie’ moet vanaand vyfuur kom tik en koor vir almal om vieruur.”

Almal kla oor dié wat hulle so vroeg moet koor oefen, maar die onderwyser kom in en dit vat ‘n ruk voor almal bedaar. “Malaika, sal jy weer vanaand saam met my kom asseblief?” “Chris, gaan jy so wraggies waar weer gaan tik? Kyk hoe lyk jy! Jy is uitgeput! Jy kan mos nie in so ‘n toestand gaan tik nie!” Vies.

“Malaika, ek is bly jy gee so baie om vir my, regtig ek is, maar as ek wil gaan tik, dan wil ek gaan tik. So kom jy saam met my?” vra hy haar in ‘n eentonige stem. “Ja, maar moet my nie by die huis gaan haal nie. Ek is al van vieruur af by die skool, omdat die koor so vroeg is.” Hulle werk in stilte verder met die werk wat die onderwyser vir hulle uitgedeel het om te doen.

Tweede pouse sit hulle net en lugkastele bou, praat baie min, en staar voor hulle uit. Wanneer die klok vir die laaste periode lui, loop hulle stil na hulle verskillende klasse toe en doen hulle werk in stilte. Praat met niemand nie, asof hulle afgesny is van die ander kinders.

Dit is kwart voor vyf en hy loop stadig skool toe. Uitgeput en moeg van die dag se werk.

Hy soek vir Malaika, sy het mos gesê sy het koor, maar hy kry haar nêrens nie. Het sy koor toe gekom of nie? Of was dit net ‘n streek sodat hy haar nie kan sien nie?

skrywer: Darius Nell

Wonderlike lewe of nie
(Hoofstuk 1)
| Wonderlike lewe
of nie
(Hoofstuk 2)
| Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk 3) | Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk 4) | Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk
5)
| Wonderlike lewe of nie
(Hoofstuk 6)

Lewer kommentaar

Leave a Reply