Wonderlike lewe of nie 3

HOOFSTUK III

Hy soek en soek na haar, maar hou later op en gaan tik verder aan sy berigte. Petrie is seker al kwaad vir my. Dink hy terwyl hy rekenaarklas toe stap. Dalk het sy huis toe gegaan; ek sal nie nou kan wegkom nie. Ek het te veel werk wat ek nog moet klaar maak. Hy kom by die rekenaarklas in en Petrie is nie eens daar nie. Wat ‘n verligting!

Hy begin net aan sy berigte werk toe Petrie instap. Hy groet hom, maar Petrie skel hom nie eens uit nie.

Dit is so ‘weird.’ Dink Christo. Hy skel my nie eens uit omdat ek laat is nie. Christo werk toe vir omtrent ‘n uur in stilte. Hy waag toe die kans en beweeg na Petrie se kant toe. “Petrie, kan ek gou asseblief gaan kyk waar Malaika is? Sy’t gesê sy gaan by die skool wees, maar ek sien haar nêrens nie.”

“Ja seker, maar maak net gou. Jy het nog baie werk om te doen en die Skinderbek moet amper uitkom!” sê Petrie ongeduldig. Christo loop stadig uit die rekenaarklas uit, maar hardloop in die gang af na die naaste buitedeur. Toe hy daar kom is die deur gesluit. Hy hardloop terug rekenaarklas toe.

“Petrie, die-” Malaika staan in die rekenaarklas en glimlag vir hom. “Maar hoe-?” Hy is nou heeltemal deurmekaar, was Malaika nog die heeltyd daar of het sy iewers in die skool vir hom weggekruip en ingekom toe hy na die buitedeur gehardloop het?

“Hei Chris.”

Christo is nogsteeds verward en verstaan glad nie. Hy vra haar hoe sy in die skool in gekom het en waar sy was. “Ek was nog heeltyd in die skool, bokka. Ek was in die huishoudkundeklas. Ek help vir meneer Van Zyl met die maak van die kos vir een of ander funksie more oggend.”

“O oukei, kom dan hier en sê my ordentlik hallo. Ek het jou gemis.” Sê Christo wat nogsteeds uitasem is, vir Malaika.

Sy loop na hom toe en groet hom, toe sy na Karien, een van die lede van die ‘Skinderbek’, toe wou loop, gryp hy haar hand en trek haar nader aan hom om haar vas te hou. Hy staan agter haar en hou haar om die lyf vas. Hulle staan vir ‘n hele rukkie so terwyl Christo haar vashou en as sy omkyk glimlag hy vir haar en gee haar ‘n piksoen op die mond.

Na ‘n ruk los sy ewe skielik sy hande en storm uit die klas uit na die meisies badkamers en Karien, Ronelle en Helen agtervolg haar.

Christo staan ‘n rukkie, verstom. Toe hy bykom, hardloop hy agter Malaika aan. Hier is iets majors fout. Hoekom is al die ligte in die hele skool af en net die rekenaarklas se ligte brand? Hoe is dit moontlik? Dink Christo terwyl sy kop deurmekaar skommel.

Hy staan net so, gevries. Die skool spook ernstig vanaand, geen jokes. ‘n Buitedeur gaan ewe skielik oop; die einste deur waar hy netnou was, en dit was gesluit. Hy swaai om, hier kom mense in, hy kan nie van ver af sien wie dit is nie, maar sodra hulle nader kom kan hy die silhoeëtte van bekendes sien

.
Hy hoor stemme en dis net meisies, hy skat so van graad agt tot graad twaalf. Almal wat na die meisies badkamers toe loop. Dis asof die meisies nie agterkom hy bestaan nie. Christo keer ‘n meisie voor wat langs hom verby loop en hy vra haar wat aangaan.

“Wat maak julle almal hier?” vra hy. Hy kan in die maanlig sien dat sy hom snaaks aankyk, maar sy sê niks nie en loop aan. Oppad na die badkamer toe.

Ek moet uitvind wat hier aan die gang is! Petrie en ‘Die Skinderbek’ kan eers gaan vlieg. Ek wil eers weet wat hier aangaan. Dink hy.

Hy hardloop na die badkamers toe, Nee!! Ek kan mos nie daar in gaan nie! Daar is meisies daar binne. Hel weet wat hulle doen en dit sal weird wees as ek daar ingaan.

Maar ek moet uitvind wat hier aan die gang is. Stry hy met sy verstand.

Sy kop maal met alles wat sover vanaand gebeur. Hy gaan staan teen die muur en sak af om te rus.

Hy kan begin huil so deurmekaar en moeg is hy. Hy knyp homself om te voel of hy nie in ‘n nightmare is nie, maar die knyp maak hom seer en hy weet dis nie net ‘n droom nie, maar die werklikheid.

Hy sit vir omtrent ‘n uur so met sy kop tussen sy bene. Dit is snaaks dat Petrie hom nie al kom soek het nie. Ewe skielik gaan die badkamerdeur oop en hy spring op. ‘n Meisie kom uit, dit is Teresse. Hy vra haar die selfde vraag as wat hy netnou vir die ander meisie gevra het. “Wat maak julle almal hier?” vra hy krakerig. Stilte. Hy probeer weer. “Teresse, wat maak julle hier?” Weereens stilte. “Teresse, waar is Malaika?” en hy vat haar arm hard.

Sy kyk hom verstom aan. “Sy is hier iewers. Wag, ek roep haar gou.”
“Malaika! Christo soek jou!” roep Teresse hard. Sy kom uit saam met ‘n graad elf meisie, maar hy ken haar nie. Seker maar nuut in die skool. Dink hy. Na hulle kom Karien, Ronelle en Helen uit. Christo wag dat die graad elf meisie loop voor dat hy vir Malaika uitvra oor die snaakse gebeure. “Ag niks nie, ons het maar net ‘n – ‘n girls meeting gehad.” “’n Girls meeting? Well that’s a new one. Kom nou ek moet klaar gaan tik. Petrie wonder seker al wat met my gebeur het.”

*
Die volgende dag staan Christo vroeg op om vir Malaika te gaan haal sodat hulle skool toe kan gaan. Sy is nog nie eens klaar aangetrek nie. Hy wag omtrent nog tien minute lank vir haar. Moes sy eers haar klere maak?! Dink hy sarkasties, en met dié gedagte bars hy uit van die lag. Toe Malaika inkom stop hy dood met sy harde lag en al wat sy kan doen is om hom ‘n baie skewe kyk te gee.

Hulle stap in stilte skool toe, omdat hulle so moeg is. Hoekom is ek nou ewe skielik so moeg. Seker omdat ons so vroeg moes opstaan en so laat gisteraand gaan slaap het.

Dink Christo. “Hoekom het jy netnou so hard gelag?” verbreek Malaika die stilte. “Ag, ek het maar net aan iets funny gedink. Jy het mos vanoggend so lank gevat om aantetrek en toe dink en jy het eers die klere gaan maak!”

“Ag moenie laf wees nie! My ma moes eers vir my ‘n rok stryk en jy, meneer Venter, het vroeër as gewoonlik gekom,” sê sy vies en omgekrap, “Ek het nie my klere gaan maak nie!”

“Ja, ek weet, ek sê jou mos. Ek het dit sarkasties bedoel; vat dit as ‘n grap. En van wanneer af is ek meneer Venter?” vra hy bruusk.
“Weet nie.” antwoord sy kortaf en fokus op die sement paadjie voor haar.

Vandag tree al die meisies baie snaaks op. Hulle skinder omtrent agter elke seun van hom en al die seuns is deurmekaar. En wat die weirdste is, is dat die onderwysers nie eens die meisies se snaakse gedrag opmerk nie.

Met eerste pouse sit al die meisies bymekaar en skinder en tweede pouse is dit dieselfde.

“Die volgende kinders moet vanmiddag om sesuur by die skoolsaal wees: Christo Venter, Stacey Smith, Ronelle Buitendag, Zanelle Sony, Malaika de Lange, Teresse Viviers, Herman van der Merwe, Michael Grint, Mark Gaunt, Gary Walter, Johan Acos, Jim Harris, Harry Germaans, Sean van Zyl, Jaun du Toit, Elize Therone, Charlene van Tonder, John Botha, Magdalene van den Berg, Bianca Lavender, Denise van der Westerhuizen, Jim Herdman, Storm Hunter, Jymie Gouws en Aletta du Preez. Julle mag vriende en familielede saam bring,” kom die afkondiging deur voor die klok vir die einde van die dag lui.

“Ek kom haal jou so by halfses, dit oukei?” vra Christo vir Malaika toe hulle by haar huis kom. “Oukei dis reg, sien jou nou – nou.” Sy groet hom lank en loop by die huis in. Christo hardloop terug huis toe. Hy is baie opgewonde, want vanaand gaan dit net hy en Malaika wees. Niemand anders nie.

skrywer: Darius Nell

Wonderlike lewe of nie
(Hoofstuk 1)
| Wonderlike lewe
of nie
(Hoofstuk 2)
| Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk 3) | Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk 4) | Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk
5)
| Wonderlike lewe of nie
(Hoofstuk 6)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar