Wonderlike lewe of nie

Ek wil graag die volgende persone bedank vir hulle hulp en bydrae:
Herman Franken wat gehelp het om my storie reg te kry en my ma, Hester de Beer, wat gehelp het om my storie klaar getik te kry.
Dan: Suné Entres,
Chantelle Breedt,
Chantelle Stander,
Chantelle Nell,
Leonie Koen,
Lezanne Botes,
Die hele kombuispersoneel van Upstairs, Mags en Mevrou Visagie (HSDA).

Opgedra aan Chantelle Stander

Malaika, Christo, Teresse en Herman loop saam, geselsend, by die skool se deure uit; oppad na die dorp se mees gewildste koffiewinkel “The Talon Coffee Shop.” Al die kinders van die hoërskool hang namiddae daar uit.

Wonderlike lewe of nieMalaika en Christo is al van kleuterdae af beste vriende, hulle het saam groot geword, probleme en geheime saam gedeel. Dit was totdat sy ‘n ou gekry het wat ouer is as sy.

Christo het ‘n baie groot probleem: Hy hou van Malaika en Teresse hou van hom. Hulle drie het al “double dating” probeer, maar het agter gekom dat dit nie werk nie. Hulle het toe besluit om die verhoudings te stop en net beste vriende te wees.

Christo en Herman het in graad een begin vriende raak en is nou nog beste vriende. Hulle vier beskou hulle as die “Inseparable foursome”. Christo is dol verlief op Malaika, maar hy weet dat dit nie kan werk nie.

Teresse kan nogal baie jaloers raak op Christo as hy te veel aandag aan Malaika gee omdat sy verlief is op hom.

Malaika en Teresse het aandag aan hulle vriendskap gegee, maar ongelukkig nie Christo nie. Hy is lief vir Malaika en hy wil sy hele lewe saam met haar deurbring.

HOOFSTUK I

Sy is so mooi, maar hoe sê ek vir haar dat ek haar lief het..? “O hallo daar, my naam is Christo Venter, ek is 17 jaar oud en ek is lief vir die een meisie; Malaika de Lange; wat in dieselfde klas is as ek. Al probleem is: Sy het ‘n ou of altans, ek dink so. ‘n Mens sien hom nie meer regtig in die skool nie, aangesien hy in matriek is en hulle is nou besig met rekordeksamen.”

“Ek hou van haar al vandat ons saam in standerd een was, maar toe het sy met die ‘cool dude’ uitgegaan en in standerd vyf, met Valentynsdag, het ek haar uitgevra en toe sê sy, sy is jammer, maar sy gaan met iemand uit. Die hoofseun nogal, ‘can you believe it!’ Ek het nog nie weer die moed gehad om haar weer te vra nie.”

“Maar nou moet ek net! Die uitstellery maak my mal, ek moet haar vra … Ek het nie ‘n keuse nie. Hóé en wánneer, dit is nog ‘n probleem. Daar is nog net een ander probleem … Haar ou, hoe maak ek met hom …? Wag; nee; hy sal nie weet nie. Hy is omtrent nooit by haar nie. Dit gaan werk, ek moet haar vra!”

“Sy gaan seker nee sê, omdat sy met Retief Botha uitgaan en hy is hoofseun. Wat is dit met haar en hoofseuns?! Ek sal haar moet oortuig; hoe, weet ek nie. Ek sal maar net moet ‘n manier uitdink.”

“Sy is die een vir my, daar is nie ‘n ander meisie vir my nie, net Malaika, en sy alleen. Ek is te lief vir haar om met enige iemand anders uit te gaan.”

“Ons gaan ook nou nie eintlik regtig saam wees nie, want sy vat nie al die vakke wat ek vat nie. Sy vat Afrikaans en Engels Eerste taal, Skeinat, Biologie, Wiskunde, Huishoudkunde en Tik vir ‘n sewende vak. Ek vat ook Afrikaans Eerste taal, Engels Tweede taal, Tik, Ekonomie, Bedryfsekonomie en Huishoudkunde. So basies gaan ons mekaar net 3 keer per dag sien, dit is nou pouses uitgesluit. Sien, dis min kere wat ek haar gaan sien, maar ek moet haar vra!”

“Ek is nou eintlik baie negatief oor die hele saak en nie positief nie! Wat is fout met my?”

So gaan hy aan om met homself te redeneer. Hy redeneer selfs so lank met homself dat hy net betyds is vir skool. Hy kan nie vir Malaika vra nie, want sy is heeltyd saam met haar vriendinne en hy het nie die moed gehad nie.

Met die begin van die laaste periode skraap hy sy laaste en enigste moed bymekaar en baie senuweeagtig roep hy haar eenkant toe en vra haar uit.

Hy sê presies vir haar hoe hy oor haar voel en dat sy hom net ‘n kans moet gee. Sy bly vir ‘n baie lang ruk stil en tot sy verbasing sê sy ja, aangesien sy en Retief uit is omdat sy hom nooit sien nie omdat hy haar verneuk het met ‘n laerskool meisie.

Retief het vir haar gesê dat sy nie vir hom kan gaan kuier nie omdat hy moes leer en toe vang sy hom met dié laerskool meisie toe sy koshuis toe stap om iets by een van haar vriendinne uit te gaan vind het.

So Christo se geluk is in daardie dag. Hy kan nie glo wat sy vir hom sê nie! Hy is so bly dat hy haar op daardie plek perongeluk voor ‘n onderwyser soen, waar hulle altwee waarskuwings ontvang vir ‘liefkosing op skoolterrein.’ Nie een van hulle gee regtig om nie.

Christo het sy eerste groot liefde uiteindelik gevind!

*
“Ons tik vanaand aan ‘Die Skinderbek’” sê Petrie vir Christo tydens pouse terwyl Christo en Malaika omtrent in mekaar se arms gevleg is. “Jip, reg so, kan ek maar vir Malaika saam bring asseblief Petrie?”

“Ja seker, maar onthou net ons begin sesuur tik. Moet asseblief nie laat wees nie!” sê hy met ‘n glimlag op sy gesig.

Met die slag wat hy weg is, is Christo – hulle weer in mekaar in vasgevleg en toe die klok lui, groet hulle mekaar lank en loop dan na hulle verskillende klasse toe.

Aan die einde van die dag herinner Christo vir Malaika dat hy haar halfses sal kom haal sodat hulle vir ‘n ruk alleen kan wees. Hy mors nooit sy tyd met haar nie. Al te wel hulle geniet eerder mekaar se geselskap …

skrywer: Darius Nell

Wonderlike lewe of nie
(Hoofstuk 1)
| Wonderlike lewe
of nie
(Hoofstuk 2)
| Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk 3) | Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk 4) | Wonderlike lewe of nie (Hoofstuk
5)
| Wonderlike lewe of nie
(Hoofstuk 6)

Lewer kommentaar

Leave a Reply