Wonderlike lewe of nie 8

Hoofstuk VIII

Een Saterdagaand bel Herman vir Christo. Malaika sit by hom en kyk DVD. Vandat
hulle verhouding ernstiger begin raak het, kuier hy en Herman nie meer so baie saam
nie.

“Ou, ek’t jou hulp nodig…”
“Hei, lanklaas van jou gehoor! Waarmee moet ek help?”
“Dis Teresse…”
“Ja, wat van haar?”
“Ons gaan seker nou al amper nege maande uit en uhm … met die afterpaartie het ons
seks gehad …”
“Nou wat is die probleem? Het sy dan iets gedoen wat sy nie moes nie?” onderbreek
Christo hom. Malaika gee Christo ‘n skewe kyk.
“Nee, die probleem is … nou is sy swanger … Ek weet vir ‘n feit ek het ‘n kondoom
gebruik. Nou sê sy dis my skuld sy’s swanger. Chris, sy het met my uitgemaak … Ek is
leeg sonder haar!”
Stilte.
Herman: “Wat moet ek doen? Ek kan nie sonder haar nie!”
Christo dink ‘n rukkie en sê dan: “Jong, jy sal met haar moet gaan praat. Sy kan nie die
baba alleen grootmaak nie, jy sal haar moet help. Is julle altwee regtig baie lief vir
mekaar?”
“Ja, natuurlik!”
“Dan maak soos ek en ‘Laika. Vra haar om te trou. Sê vir haar jy sal haar help
ondersteun en dat jy haar sal help om na die baba te kyk. As sy nie wil trou nie, sê vir
haar dat jy haar nogsteeds sal ondersteun. I mean, Herman, dis immers tog jou kind
ook.”
Malaika kyk Christo met groot oë aan en fluister: “Teresse, swanger?” Sy sit haar hand
op haar klein geswelde maag. Christo knik en Malaika se mond val oop.
“Oukei, sal so maak, dankie. Stuur groete aan Malaika … Sien jou.” Hy lui af.
“Ek kan nie glo sy is ook swanger nie! Het hulle dan nie iets gebruik nie?” Geskok.
“Wel, volgens Herman het hy ‘n kondoom gebruik, maar blykbaar het dit nie gehelp nie.
Nou is sy kwaad vir hom. Sy sê dis Herman se skuld dat sy swanger is. Sy het met
hom uitgemaak. Ek’t vir hom gesê hy moet haar vra om te trou. Dit is tog immers sy
kind ook.”
“Dink jy hulle wil al kinders hê, Chris?” vra sy onseker.

“Ek dink Herman wil al, ja, maar duidelik wil Teresse nog nie. Hulle altwee is anti–aborsie, so hulle sal laat die baba gebore word.”
“Ek wonder of hulle ouers al weet…” vra sy saggies.
“Seker al …” antwoord hy haar. Hy hou haar vas en soen haar lank. Warm gevoel.

skrywer: Darius Nel

Lewer kommentaar

Leave a Reply