Stuur jou verhale na bydraes by roekeloos.co.za
Malaika se gevoel was reg. Iets het verkeerd geloop …
TIEN JAAR LATER …
“Stacey? Is jy al klaar, my skat?”
“Ja, mamma! Ek help net gou vir Jymie met sy skoene!”
Oukei, maak net gou! Pappa wil ry!”
“Ja, mamma …” Stacey kom saam met haar klein boetie afgestap in die gang. Stacey
lyk net soos Malaika, maar sy het Christo se oë en hande gekry. Jymie, aan die
anderkant lyk presies soos Christo, maar hy het Malaika se persoonlikheid gekry …
“Ek wonder of Meneer en Mevrou van der Merwe ook daar gaan wees? Dis tog wat ons
tien jaar terug aan mekaar belowe het?” vra Christo vir Malaika terwyl hulle na hulle ou
skool toe ry.
“Ons sal maar moet wag en sien” Sy sit haar hand op Christo se been.
Hulle ry in stilte verder skool toe. Die skool lyk bedrywig wanneer hulle daar aankom.
“Sjoe, ek kan nie onthou dat ons so baie matrieks was nie, kan jy?” vra Malaika
saggies vir Christo.
“Nope, maar onthou, meeste van hulle is sekerlik al getroud en het kinders.” Hy glimlag
vir haar.
“Kom ons gaan soek vir Herman – hulle. Ek vrek om weer vir Teresse te sien!”
“Ja ja, laat ons eers net die kinders kry, dan kan ons hulle gaan soek. Hulle het ook
seker al ‘n kind van hulle eie. Herman het mos gesê Teresse is swanger so haar kind is
seker ook al so oud soos Stacey.”
Hulle loop deur die hele skool opsoek na Herman en Teresse, groet hier en daar ou
pelle en onderwysers. Hulle kry vir Herman eenkant sit. Alleen, met twee kinders.
“Hoezit, ou pel!” Christo gee Herman ‘n sagte klap op die rug. Herman draai om en
gee ‘n klein, vaal glimlag. Malaika is geskok om te sien hoe Herman lyk. Hy lyk bleek,
vaal, ongelukkig en moedeloos.
“Hei, long time no see.”
“Herman, wat’s fout? Waar’s Teresse?”
“Als is fout! My hele lewe het uit mekaar geval daardie aand!” Hy sit sy gesig in sy
hande.
Malaika gaan sit op haar knieë voor Herman. “Herman, wat het gebeur? Watse aand?”
Vra sy saggies.
“Sy’s dood. Teresse is dood. Onthou jy daai paar dae toe ons almal by haar huis
oorgeslaap het? Toe ons so baie seks gehad het?”
“Ja?” sê Malaika terwyl sy trane in haar oë kry.
“Wel, sy’t swanger geraak met dit. Met ons eerste kind het alles goed afgeloop. Ons
was gelukkig saam, vier jaar na ons eerste kind se geboorte toe besluit ons om weer te
probeer. Ons het uitgevind dat Teresse gediagnoseer is met kanker. Iets het heeltemal
verkeerd geloop met die dag van ons tweede kind se geboorte. Ek weet tot vandag toe
nie wat verkeerd geloop het nie, maar Teresse het net na die baba se geboorte in ‘n
koma in gegaan. Sy was vir omtrent ses maande in die koma toe hulle vir my vra of
hulle die masjiene kan afsit of nie. Ek het nie ‘n ander keuse gehad nie. Haar toestand
wou nie verbeter nie. Ek het alles verloor. Ek moes terug trek na haar ma – hulle toe.
Hulle moes my help sorg vir die kinders. Ek is jammer ek kon julle nie laat weet het nie.
Ek was vir ‘n jaar lank in rehab gewees. Ek het kontak met niemand gehad nie, nie
eens my eie kinders nie! Ek is basies ‘n vreemdeling vir hulle” Hy kyk met geswelde oë
na Christo en Malaika.
“Herman, ek’s – Ek’s so jammer! Dit moet aaklig vir jou wees!” Sy gryp vir Herman om
die lyf en druk hom styf vas terwyl trane oor haar wang rol.
“Ek’s jammer Herman. Sê asseblief as jy iets nodig het, maak nie saak wat nie. Ons is
daar vir jou pel.” sê Christo met ‘n knop in sy keel.
“Dankie, ek sal …”
Twee dae later gaan Herman met sy kinders en Christo – hulle na ‘n restaurant toe en
geniet ‘n lang maaltyd, waar hulle oor die ou dae gesels… Toe Teresse nog daar was.
Herman is bank toe om geld te gaan trek, aangesien sy dogter, Teresse, verjaar. Hy
bederf haar omtrent en alles loop goed af …
Herman is weer gelukkig, maar wat gaan gebeur as hy moet teruggaan Berlyn toe;
terug na Teresse se ouers? Gaan hy weer terug gaan in depressie of sal hy kan
aanbeweeg en oor sy vrou se dood kom?
bydrae: Darius Nell
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
