Professionele hulp is belangrik vir jou papegaai!

Ek het ‘n African Gray, gekoop in 2005 toe was hy reeds 6mnde.  Hy is ‘n wonderlike wonderlike kind in ons huis, praat baie en verskaf vir ons baie plesier.
Verlede jaar Maart maand het hy siek geword, ek het hom na ons plaaslike Voelplaas geneem, hulle teel ook met verskeie voels.  Hulle het toe ge-identifiseer dat hy hoendersiekte het, hulle het hom daar gehou vir ‘n week en behandel, in die proses het hy blind geword, sy vere uitgepluk en maer geword. Terug by my het hy geleidelik herstel (nie van die blindheid) maar vere terug, goed ge-eet en praat weer baie.
Hulle het ook ontwurming poeie gegee waarvan ek nie bewus was dat hulle ontwurm moet word.
Nou het hy iets anders ontwikkel, hy sit met sy kop agteroor, soms praat ek met hom dan hoor hy my nie. Sy kop beweeg stadig agtertoe en val soms na die kant.  Sy mis was baie pap, liggroen.  Hulle het weer medikasie gegee, gesê kan derminfeksie wees. Hy het vir 7 dae die behandeling gehad, mis is beter maar hy drink verskriklik baie water.  Ek is bekommerd oor die koppie wat so agtertoe is, dit is nie al die tyd so nie, wat kan dit wees asb.
Hy eet baie goed, praat nog steeds baie, sy kondisie lyk baie goed bedoelende sy vere is baie mooi en pluk nie vere nie.  Ek het in onkunde ook koerant papier in sy hok maar sal dit nou verwyder, ek het ook van die velle sandpapier ingesit.
Sal baie bly wees as jy vir my kan raad gee asb.
Baie Dankie
Cathy
Groete
Hi Cathy
As dit nie was dat ek daarvan bewus is dat jy tog sekerlik bekommerd is oor jou papegaai-kind nie, sou ek eerlik baie hard met jou gepraat het. Wat ek steeds gaan doen, deur jou met vrae te bestook.
Wat my verstand te bowe gaan is waarom daar so baie mense is wat na voëlparke toe gaan met hulle papegaaie as daar skielik iets verkeerd is. Dit is onverstaanbaar, glo my. ʼn Vraag vir jou. Het jy nog nie jouself die vraag af gevra wie die mense, telers nie veeartse nie, bedien met hulp wanneer hulle voëls siek word nie? Hulle self het nie genoegsame kennis nie en moet derhalwe na ʼn veearts toe gaan vir hulp en natuurlik vir medikasie ook.
So kom ons kyk nou na die situasie okay. Hierdie mense ontwikkel probleme, siek voëls, kry ʼn veearts uit of gaan persoonlik na een toe; die toestand word deur ʼn veearts gediagnoseer en medikasie oorhandig. Huis toe met siek papegaai en medikasie. Papegaai word gesond. Great. Nou kom jy met ʼn wonderlike papegaai, nie blind nie, en daar word vir jou gesê dat hy hoendergriep het. Wow, mens sê dit nie alreeds vir jou veel nie? Nou word jou papegaai agterhou, wat hoendergriep het, en wanneer die dag kom en jy hou moet gaan haal, is jou kind blind, vere uitgepluk en maer. Sien jy ʼn prentjie wat ander mense gaan trek na sulkes toe vir hulp? Nee, beslis nie.
Cathy, jy wil nou by my weet waarom hy sy koppie agteroor gooi? Ek wens ek kon jou ʼn antwoord verskaf, maar ek is bevrees ek kan dit nie doen nie. Die enigste antwoord wat ek jou gaan gee is eintlik ʼn opdrag.
Neem hom dadelik veearts toe, vir die korrekte diagnose en die regte tipe behandeling. Hulle is die mense wat hard gestudeer het om mense soos jy, en ander, tot hulp te wees. Hulle kan die regte diagnose maak en niemand anders nie. Hy het beslis professionele hulp nodig en stel asseblief nie uit nie.
Hierdie brief van jou gaan ek op die web plaas sodat ander deur jou gruwelike fout leer om die regte besluite te neem. Ja, ek weet daar is hoë kostes aan verbonde, maar is jou “kind” dit nie werd nie?
Kan ek net een vraag vra asseblief? Wat het jy bereik deur jou kind na mense toe te neem wat nie professionele mense is nie, want lyk my jy leer ook nie. Hoekom neem jy hom vir ʼn twee keer terug? Mmmm, ek verstaan regtig nie.
Groete

Francien

Lewer kommentaar

Leave a Reply